► Verskoning gister geen Hooftrekke weens onvoorsiene omstandighede, vandag dubbel ► Afrikaner-gemeenskap ontstoke oor haatspraak van Panyaza Lesufi Gauteng LUR vir Onderwys teen Afrikaans, wat sê dit “gaan sy verstand te bowe dat daar stryd is in skole vir Afrikaans as daar nie meer een universiteit is wat Afrikaans as onderrigmedium het nie” ► In terreuraanval 20 Mei op plaas tussen Fochville en Westonaria deur agt gewapende aanvallers op pa (55) en dogter (17) is dogter herhaaldelik verkrag ► Nog terreuraanvalle op plase: ► 21 Mei by Louis-Trichardt, Limpopo, Annette Kennealy voormalige DA raadslid vermoor in haar plaashuis aangetref ► 19 Mei by Addo, Oos-Kaap, vroulike plaaswerker deur twee gewapende aanvallers met messe gesteek, kontant geroof ► 17 Mei by De Doorns, Wes-Kaap, vyf gewapende aanvallers oorval bejaarde egpaar laataand in hul huis , beroof, geen verder besonderhede tans beskikbaar nie ► 87-jarige man in Tshwane in Distrikhospitaal erg aangerand deur personeel toe hy hulle aanspreek omdat hulle hom in Zoeloe en Tswana spot ► Pretoria Hooggeregshof gee uitspraak dat bevinding van OB Busisiwe Mkhwebane in saak van Estina-suiwelprojek by Vrede in Vrystaat so swak is dat dit tersyde gestel word ► Geweldige uittog van voorste SA rugbyspelers na klubs in die buiteland Engeland, Europa, Japan en VSA, o.a. Bulle-kaptein en Springbok-losskakel Handré Pollard ► Berigte dat hongersnood dreig in Zimbabwe a.g.v. droogte en lae vlak van Karibadam, sowat 3 miljoen mense benodig voedselhulp en beurtkrag word toegepas ►

Afrikaanse rolprente groot geld by loket

Veral drie Afrikaanse rolprente het onlangs rekordinkomste by die loket behaal – Vir altyd staan uit met ‘n rekord van R15,6 miljoen, Vir die voëls reeds R4,5 miljoen en ‘n Pawpaw vir my darling reeds R4,1 miljoen. Ivan Botha en Donnalee Roberts is die vervaardigers van en spelers in Vir altyd en vertel die verhaal van ‘n bruid wat haar aanstaande vkoor die kansel los en dan in Mauritius drade met haar beste vriend uit haar kinderjare weer optel. Vir die voëls met Simoné Nortmann en Francois Jacobs handel oor ‘n hardkoppige rabbedoe wat deur die seun wat haar kleintyd geterg het, tot onvoorsiene insigte gebring word. Pawpaw beeld die lewe uit van ‘n familie in Danville in 2003 soos gesien deur die oë van hul hond Tsjaka.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top