Print this page

Groot belangstelling in Gariep Kunstefees 2017

Die bekendstelling van die Gariep Kunstefees wat vanjaar vanaf 31 Aug. tot 3 Sep. in Kimberley gehou word, het vandag afgeskop. Die feesprogram, wat vervat is in die publikasie Gariepgeite waarvan 40 000 eksemplare versprei word, sluit in verskeie hoogtepunte soos 'n spesiale konsert met o.a. Juanita du Plessis, Theuns Jordaan en die Soweto Strykkwartet, 'n fynproewerskos- en wynkonsert, kinderteater, entrepreneurskapopleiding, dramawerksessies, 'n hele reeks toneelopvoerings en natuurlik stalletjies en uitstallings om van te kies en te keur. Vir meer besonderhede bel die feeskantoor by 053 832 5014/7.
Gradeer die artikel
(0 stemme)