► Abel Sithole as uitvoerende hoof van die Government Employees’ Pension Fund (GEPF) getuig voor Mpati-kommissie dat ʼn “belegging” van R4,3 miljard sonder sy medewete gemaak is uit die GEPF na die firma Ayo Technologies van omstrede Iqbal Survé; blykbaar kan of wil Ayo dit nou nie terugbetaal nie ► Mynmaatskappy Rio Tinto het sy Rössing Uraanmyn in Namibië, in produksie sedert 1976 en wat tans jaarliks sowat 4,6 miljoen pond uraan lewer, verkoop aan die China National Uranium Corporation (CNUC) vir $106,5 miljoen; Rio Tinto het sedert 2017 beleggings van $11,2 miljard uit Namibië onttrek ► Nuwe Minister van Water, Sanitasie en Menslike Nedersettings Lindiwe Sisulu sê in Parlement skade in die departement weens korrupsie en wanbestuur is feitlik “onmeetlik” en dat drastiese omdraaistrategie dringend nodig is ► Munisipaliteite skuld die nege waterrade en Dept. van Water R14 miljard vir waterdienste gelewer ► Adjunk-minister van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Mcebisi Skwatsha sê in Parlement dat onteiening sonder vergoeding binnekort ʼn werklikheid gaan wees, “maar onwettige grondgryp nie toegelaat sal word nie” ► Vrystaat Landbou sê massiewe armoede in Lesotho bedreig wet en orde in Vrystaat en dat dit verskillende tipes misdaad in die provinsie veroorsaak ► Volgens verslag van PwC is vergoeding van ʼn uitvoerende hoof van mynmaatskappy in SA gemiddeld sowat R16,8 miljoen per jaar en dié van ʼn finansiële hoof sowat R6,9 miljoen per jaar ► Projek VatVyf gebaseer te Orania benodig borgskap vir twee behoeftige blanke leerlinge in Bloemfontein wat as prefekte gekies is om einde vanjaar elkeen ʼn oriënteringskamp by te woon – R1 000 vir seun in hoërskool en R500 vir dogter in laerskool – kontak projekvatvyf@gmail.com of 082 773 2150 ►

Eerste Afrikaanse digitale TV kanaal

Die Bloudruk Groep van die Wes-Kaap het aangekondig dat hulle die eerste Afrikaanse digitale TV kanaal op 1 September 2018 gaan loods. ‘n Mediaverklaring lui soos volg: “Met ‘Die Waarheid’ as leuse, beloof dié nuwe opwindende kanaal om bekostigbare programme met vermaak en inligting te verskaf wat familievriendelik en op Christen-waardes geskoei is. Dit sluit in vars, nuwe plaaslik vervaardigde programme, kindervermaak, asook internasionale rolprente.

RoepTV.com gaan toeganklik wees vanaf enige televisiestel of slimtoestel, terwyl bekendes soos Retief Burger, Lindie Strydom, Michael Mol, Nico Pinagio, Gretha Wiid, Regardt van den Berg en Frank Rautenbach ‘n diverse programskedule gaan aanbied. Die eksklusiewe inhoud van RoepTV.com kan op aanvraag enige tyd, enige plek vir onbeperkte tyd gekyk word! Kykers kan o. m. uitsien na ‘n sitkom, televisiereeks, speletjiesprogram, ‘n verskeidenheid aktuele programme en selfs internasionale films.”

Die Bloudruk Groep, met Hardus Zevenster as hoofuitvoerende beampte, is reeds die eienaar van media soos Tygerberg 104FM, Groot FM90, Die Groot Ontbyt, ens.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

3 opmerkings

  • Slimmie - Donderdag, 30 Augustus 2018

    @Emilene, dit is 'n digitale media platvorm, maw as jy internet toegang in jou huis het, kan jy inteken op die platvorm en dit kyk op jou foon, jou skootrekenaar, en as jy 'n slim TV het, kan jy dit op jou TV ook kyk.

    Report
  • Emilene - Saterdag, 04 Augustus 2018

    Is dit op tv of moet ons decoder he.

    Report
  • Louis van Deventer - Maandag, 21 Mei 2018

    Dis met belangstelling dat ek die nuus van RoepTV ontvang het.

    die Heilige Gees is tans aan die werk met my: Ek het 'n wonderlike salwing ontvang om lering te gee oor spesifieke onderwerpe wat normaalweg nie deur die Liggaam gedek wil word nie. Onderwerpe soos
    Hoe onderskei ek in die geestesrealm, hoe beweeg ek daar en dwing die Koninkryk van God op die aarde af
    Geestelike oorlogvoering soos in Efe 6, met die koninkryk van die bose trompop aanvat vanuit die oorwinning in Christus, en ophou om passief en reaktief die geveg te veg
    Lewe vanuit die Sabbatsrus
    Die mens as liggaam, siel en gees saamgestel om as die laaste Adam se gevolmagtigdes te funksioneer

    Hiermee vind ek uit of daar behoefde vir sulke onderwerpe in enige van jul media is, en hoe moet ek te werk gaan om met julle te skakel in verband daarmee

    Christus Altyd

    Louis v Deventer

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top