Print this page

Eerste Afrikaanse digitale TV kanaal

Die Bloudruk Groep van die Wes-Kaap het aangekondig dat hulle die eerste Afrikaanse digitale TV kanaal op 1 September 2018 gaan loods. ‘n Mediaverklaring lui soos volg: “Met ‘Die Waarheid’ as leuse, beloof dié nuwe opwindende kanaal om bekostigbare programme met vermaak en inligting te verskaf wat familievriendelik en op Christen-waardes geskoei is. Dit sluit in vars, nuwe plaaslik vervaardigde programme, kindervermaak, asook internasionale rolprente.

RoepTV.com gaan toeganklik wees vanaf enige televisiestel of slimtoestel, terwyl bekendes soos Retief Burger, Lindie Strydom, Michael Mol, Nico Pinagio, Gretha Wiid, Regardt van den Berg en Frank Rautenbach ‘n diverse programskedule gaan aanbied. Die eksklusiewe inhoud van RoepTV.com kan op aanvraag enige tyd, enige plek vir onbeperkte tyd gekyk word! Kykers kan o. m. uitsien na ‘n sitkom, televisiereeks, speletjiesprogram, ‘n verskeidenheid aktuele programme en selfs internasionale films.”

Die Bloudruk Groep, met Hardus Zevenster as hoofuitvoerende beampte, is reeds die eienaar van media soos Tygerberg 104FM, Groot FM90, Die Groot Ontbyt, ens.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

3 opmerkings