Print this page

Afro Voice sluit skielik deure

Die swart aktivistiese dagblad Afro Voice, voorheen The New Age van die Guptas, het verlede Donderdag met een dag kennis, sy deure gesluit, met as rede dat fondse gedaan is. Dit kom twee maande nadat die anti-blanke Mzwanele Jimmy Manyi die koerant saam met die TV-kanaal ANN7 van die Guptas gekoop het en die twee media herdoop het na Afro Voice en Afro Worldview.

Personeel is verstom, maar sal hul salarisse tot einde Julie 2018 ontvang. Die vakbond Commercial Workers Union sĂȘ dat die sluiting onregmatig geskied het en dat hulle stappe gaan neem.

Gradeer die artikel
(0 stemme)