Print this page

Gesins vriendelik Afrikaanse TV-stasie

ASTV is 'n Afrikaanse TV-kanaal wat hoë kwaliteit gesinsvermaak in Afrikaans aanbied in vennootskap met e.tv. ASTV besturende direkteur Jaco Ferreira sê: “Ek wil die soort televisie hê wat uitgesaai is toe ek kind was - goeie vermaak vir die hele gesin.” Die kanaal open en eindig elke dag met Skriflesing en gebed en bied programme aan wat die Afrikaanse kultuur en Ieefstyl bevorder. Programme dek o.m. hengel en kampering, leefstyl en musiek, tot iets vir die kleinspan. Met OpenView HD word slegs eenmalig vir satellietskottel, dekodeerder en installasie betaal en dan is kyk verder gratis. Vir meer besonderhede, besoek www.star sat.co.za en www.openviewhd.co.za.

Gradeer die artikel
(0 stemme)