► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

Oor die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Mededinging sê adv. Anton Alberts van die VF-Plus in ʼn mediaverklaring: “Dit lyk ook of hierdie wetsontwerp eerder daarop gerig is om die bestaande ekonomiese struktuur te wysig en te herverdeel eerder as om die ekonomie te laat groei. Suiwer herverdeling sonder groei is onvolhoubaar. Daar kan moontlik op ʼn ingeligte wyse na ekonomiese herstrukturering gekyk word in goeie ekonomiese tye ten einde die ekonomie te verbreed, maar nie wanneer die land in ʼn diep put sit nie.

“Een van die mees ontstellende aspekte van die wetsontwerp is die voorneme om onvoorsiene magte aan die president en die minister te gee om in die mark in te gryp en buitelandse beleggings te staak in 'n tyd wanneer daar aktiewe pogings is om buitelandse beleggers te lok. Dit stuur die boodskap na buite dat Suid-Afrika oop is vir sake, maar dat die ANC sal besluit of beleggers welkom is waarna hul bates steeds onteien kan word sonder vergoeding.

“Hierdie wetsontwerp, saamgelees met onteiening sonder vergoeding, kan boonop daartoe lei dat Suid-Afrika uit die AGOA-ooreenkoms geskop word. Artikel 104 van AGOA stel dit duidelik dat regeringsinmenging in die mark nie geduld word nie. Dit sal katastrofies vir die land wees.”

Met die land wat feitlik tot in die afgrond gekorrupteer is deur die ANC-regering, die staatskas wat bykans leeg is, die aanhoudende moorde van swart op wit beide op die platteland en in dorpe en stede en die ongeëwenaarde rassediskriminasie teen blanke burgers wil ons die eenvoudige vraag vra: Is daar ʼn volhoubare toekoms vir spesifiek die Afrikaner in Suid-Afrika? Is dit dalk tyd vir Afrikaner-leierskap om op te staan en die geregverdigde eise vir selfbeskikking tot op die vlak van soewereine vryheid op eie grondgebied te stel?

Wat sê ons lesers hiervan?

Ons steun die It’s Time gebedsbyeenkoms o.l.v. Angus Buchan môre te Pretoria, in Christelike gees, hoewel ons nie fisies teenwoordig sal wees nie. Ons ervaar die poging as ʼn egte verootmoediging en uitroep tot God-Drieënig en ons vereenselwig ons daarmee vir redding van die land.

Ons vra egter terselfdertyd die vraag vir die Afrikaner spesifiek: Sal God ons verhoor as ons nie die heilige Gelofte van Bloedrivier nakom nie? Loop die twee vir die Afrikaner nie hand-aan-hand nie?

Ons sê dat nakoming van die Gelofte deur die Afrikaner noodsaaklik is vir sy redding en voortbestaan.

“Youth is not a period of life, but an attitude of mind; it is an expression of the will, of the power of the imagination, and of the intensity of the feeling. It represents the victory of courage over cowardice, of the spirit of adventure over the temptations of indolence.

We do not grow old because we have lived a certain number of years; we grow old if we give up our ideals. The passing years indeed tempt us to give up our high ideals, but the soul prompts us otherwise. Prejudices, doubt, fears and hopelessness are enemies who gradually bear us to the ground, and turn us to dust before we are dead.

He is young, who can still be astonished and enthusiastic. He who still, like a child, hungry for knowledge, asks: ‘And then?’  He who challenges events and rejoices in the game of life.

You are young as your faith. As old as your doubt. As young as your self-confidence. As young as your hope. As old as your depression.

You will stay young as long as your readiness to take up a challenge remains: receptive to the beautiful, the good and the great; receptive to the message of Nature, of your fellow man, of the mysterious. Should your heart one day become corroded by pessimism, eaten by cynicism, then may God have mercy on your soul – the soul of an old man.”

- Genl. Douglas McArthur, 1945

Indien Suid-Afrika met ‘n skoolterrein vergelyk sou word, dan is die Afrikaner die kleiner seun wat aanhoudend deur ‘n groter (swart) seun geboelie word. Die Afrikaner word die afgelope 24 jaar op al erger skaal deur die swart meerderheid gruwelik geboelie.

Waar gaan dit eindig? Wanneer gaan die Afrikaner sê genoeg is genoeg, nou neem ons teenaksie.

Ons sê ons is dik vir hierdie geboelie en dit is tyd om in opstand daarteen te kom. Ons meen dit moet geskied d.m.v ‘n politieke party wat polities-inkorrek teen die heersende politieke stroom ingaan en sê: Ons is die trotse Afrikaanse volk, ons is trots op ons verlede, ons het ‘n reg op grondgebied in SA en ons soek ons selfbeskikkende plek in die son.

Ons respekteer almal wat ons respekteer en basta met die res. As dit nie vir jou aanvaarbaar is nie, het jy moeilikheid totdat ons ons soewereiniteit volhoubaar verkry het.

Dit en niks minder as dit is ons vereiste van nou af vorentoe. Wie sluit by ons hierin aan? 

In die presidentsverkiesing in Brasilië was daar ná die eerste rondte7 Oktober 2018 'n tamaai swaai na regs met die sterkste steun vir die regse kandidaat Jair Bolsonaro - dit nadat hy  merkwaardig herstel het ná 'n vroeër sluipmoordaanval met 'n mes. Bolsonaro voer sy veldtog onder die slagspreuk “Brasilië bokant enige iets, God bokant elkeen.”

Hy kom in die tweede en beslissende rondte op 28 Oktober te staan teen die burgemeester van Sao Paulo, Fernando Haddad. Dit is opmerklik hoedat Bolsonaro in die internasionale hoofstroommedia afgekam word as ‘n ekstremis en bedreiging vir stabiele vooruitgang.

Pres. Donald Trump van die VSA met sy aweregse beleid en polities-inkorrekte uitsprake bly steeds die grootste enkele nuusmaker op die wêreldtoneel, veral in soverre hy direk ingaan teen die strewes van die Nuwe Wêreldorde (NWO).  So bv. word George Soros van die Open View Foundation en 'n voorste proponent van die NWO soos volg aangehaal : “Trump has almost destroyed the New World Order. I vow to redouble my efforts in pouring million of dollars into opposing everything Trump stands for.”

Op 'n ander front was 'n belangwekkende verwikkelling rakende Trump dat die uitstekende Amerikaanse ambassadeur by die VN en die afgelope twee jaar die “gesig van  Amerika by die VN” Nikki Haley uit haar pos bedank het.  Sy sê egter dat sy pres. Trump sal steun in die volgende presidentsverkiesing in 2020.

Die prominente Saoedi-joenalis en politieke aktivis Jamal Khashoggi het op 2 Oktober 2018 die Saoedi-konsulaat in Istanboel, Turkye, besoek om persoonlike dokumentasie vir sy huwelik in orde te kry – en sedertdien spoorloos verdwyn – en dit is die enkele grootste nuusitem tans op die internasionale toneel.  Die regering van Saoedi-Arabië ontken dat hulle enigiets weet van die bewegings van Khashoggi sedertdien,  maar Turkye, VSA en die res van die vrye wêreld dring aan op antwoorde. 

Pres. Trump het sy minister van buitelandse sake Mike Pompeo afgevaardig om persoonlik in Riaad, die hoofstad van Saoedi-Arabië, met koning Salman te gaan praat oor die verdwyning van Khashoggi, wat ook 'n kritikus was van die totalitêre Saoedi-bewind.  Die Turkse regering sê dat hulle bewyse het dat Khashoggi in die konsulaat deur 'n Saoedi moordeenheid gemartel en doodgemaak is en dat sy lyk in stukke uit die land gesmokkel is.

Intussen boikot internasionale sakeleiers 'n belangrike beleggingsberaad wat oor twee weke in Riaad gehou word.  Trump het egter aangedui dat hy nie van plan is om 'n bestelling van $110 miljard van die Saoedi regering by Amerikaanse wapenvervaardigers te kanselleer nie.  

Stef le Roux en Tiaan Deysel van Waterways, Bloemfontein en Kimberley, is  vennote in 'n besigheid wat spesialiseer in die verskaffing van hoë gehalte loodgieters- en saniteitsprodukte – alles wat met water te doen het. Gevolglik bied  hulle by die vertoon- en verkooplokaal van Waterways te Nico van der Merwestraat 51, Oranjesig, Bloemfontein, handelsmerke soos Hansgrohe, Duravit, GERBERIT, Keramag en Bathroom Butler.

In 2015 het hulle ook 'n tak vir Waterways te Kimberley geopen, waar hulle gevind kan word in die Fabricia Trading Post Sentrum, Fabriciaweg. Stef en Tiaan sê dat afgesien van hul topgehalte produkte, is hulle ook trots op die professionele diens wat hul opgeleide personeel by albei takke lewer.

Stef en Tiaan kan gekontak word by telefoon 051 447 7512, of meer inligting kan verkry word vanaf hul webwerf www.waterwaysonline.co.za

Op 25 Oktober 2018 bied die bekende Marochel Bonsmarastoet op die plaas Dagbreek tussen Kimberley en Warrenton hul 5de jaarlikse produksieveiling aan.  Op aanbieding is 40 bulle waarvan 30 poenskoppe en 150 kommersiële vroulike diere in verskillende produksiestadiums.  Die kudde, 25 jaar oud, bied 100% betroubare poenskopgenetika.

Vir meer besonderhede kontak Charl Uys 082 576 2341 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees., of die afslaer Mike Kilassy by 082 3788 112 of epos. 

Te Kwaggafontein wes van Bloemfontein word tans een van die grootste ligte industriële en kommersiële ontwikkelings in sentraal Suid-Afrika voltooi. Die ontwikkeling bestaan uit drie komponente, nl. 38 Quagga Industriële Park met 95% voltooiing, ontwikkeling van die Industrial 44 industriële kompleks met 13 eenhede wat vinnig voltooiing nader en die beskikbaarheid van sowat 160 000 m2 grond met 'n verskeidenheid sonerings.

Die ontwikkelaars is Qwaha Trust, wat nie net die onderskeie ontwikkelings self doen nie, maar ook die betrokke strate, stormwater-dreinering, veiligheidsheinings en ander infrastruktuur in plek geplaas het.

Wat hierdie ontwikkelings te meer gunstig en voordelig maak vir beleggers, is die uitstekende ligging naby die N1 snelweg en die N8 roete tussen Bloemfontein en Kimberley, asook ander groot besighede in dieselfde area, soos Makro, Volvo, MAN, Itau Milling, e.s.m. Daarby is die gebied waarin dit geleë is veilig en skoon, terwyl dit in wyer verband deel vorm van die Bloemfontein-Kimberley korridor.

Benewens die twee komplekse, gesels Qwaha Trust graag met bona fide entrepreneurs en voornemende beleggers oor ontwikkelings-voorstelle vir die prima gesoneerde grond wat beskikbaar is. Vir meer besonderhede en besigtiging kontak Jan-Carel Wolhuter van Qwaha Trust by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.; of  082 850 9419 of 051 875 2786.

Die Gelofte van Bloedrivier is pas getoonset deur Johan Vorster en Christoph Kotzé van Inhoudhuis in ’n gewyde produksie. Dit word gesing deur Adam Tas, Appel, Ghapi en Juan Bouche.Vorster was ook die komponis van die lied De La Rey en hy word later vanjaar vereer vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.

Volg per selfoon hierdie skakel om te luister na die lied. hier om te luister.

Intussen werk Ditsem Nuus vanjaar vir die sewende agtereenvolgende jaar om vanjaar weer ʼn Geloftefeeskalender te publiseer van Geloftefeeste wat waar ook al gehou word. In 2013 was in die Kalender 109 Geloftefeeste gelys, in 2014   125, in 2015   139, in 2016   150 en verlede jaar 162 Geloftefeeste.

Inligting oor Geloftefeeste kan gestuur word na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  of skakel 053 207 0127 of besoek die Facebookblad.

Op 'n daaglikse basis word in sowel die hoofstroom media as op sosiale media berig van blankes wat as onskuldige burgerlikes in hul wonings – dorp, stad en plaas – oorval word deur gewapende swartes en óf vermoor word of gruwelik aangerand en gemartel word, met roof ooglopend as slegs 'n bysaak.  Derhalwe dui die patroon onteenseglik op terrorisme en kan daar lank nie meer gepraat word van bloot misdaad nie.

Slegs enkele voorbeelde die afgelope week is o.m. ‘n middeljarige egpaar deur twee swart aanvallers in ‘n kampeerterrein by Fochville oorval, die man met klippe doodgeslaan en die vrou met ‘n hamer erg beseer; Robert Veldman en sy vrou Hester op ‘n plaas by De Wildt, Gauteng, deur vier gewapende aanvallers in die nag oorval, ernstig aangerand en van baie besittings beroof; Hans Goosen en sy gesin oorval op hul plaas by Westonaria deur vyf gewapende aanvallers en vir drie ure erg gemartel, voordat die aanvallers gevlug het met gesteelde goedere; ens.

Inmiddels het AfriForum tydens hul huidige bewusmakingsveldtog in Wes-Australië aangedui dat  tot op hede in SA daar 346 plaasaanvalle en 46 plaasmoorde was. 

Die hofsaak na die opspraakwekkende sluipmoord op Louis Siemens (54), voormalige besturende direkteur van die CityMed Daghospitaal in Bloemfontein  op 10 Mei vanjaar, het reeds aan die lig gebring dat Siemens sedert 2015 omkoopgeld van sowat R5,6 miljoen betaal het in 'n poging om 'n lisensie van die Vrystaatse Dept. van Gesondheid te verkry vir uitbreidings aan die hospitaal.  Dit blyk dat Siemens vasgevang was in 'n web van omkopery wat strek vanaf voetsoolvlak tot op die hoogste regeringsvlak in die provinsie. 

Twee van die beweerde drie huurmoordenaars van Siemens is reeds inhegtenis geneem, terwyl nog gesoek word na die derde, wie se identiteit aan die Polisie bekend is.  Uit getuienis wat in die voorlopige hofsaak gelewer is, blyk dit dat die huurmoordenaars die moord die dag vooraf ter plaatse ingeoefen het en dat Siemens toe die volgende dag in die parkeergarage van die Preller Plein winkelsentrum doodgeskiet is.

Hoewel slegs bespiegelings op hierdie stadium, wil dit voorkom asof daar in die Vrystaat die afgelope jare ‘n yslike omkoopnetwerk tot stand gekom het waardeur staatstenders en – goedkeurings slegs verkry kon word indien mega omkoopbedrae betaal word aan 'n vertikale ketting van begunstigdes.

Die DA het na ontleding van die jaarverslae van staatsdepartemente en staatsondernemings vir die finansiële jaar 2017/18 bereken dat onreëlmatige, vrugtelose en vermorste uitgawes sowat R75,6 miljard in totaal beloop.  In hierdie opsig is die grootste sondebokke Eskom R319,6 miljard, Samral R10,5 miljard en Transnet R8,1 miljard, terwyl die staatsdepartment met die ergste syfer die Dept. van Water en Sanitasie met R6,2 miljard is. 

Wat die situasie nog meer duiselingwekkend maak, is dat al die jaarverslae van staatsdepartmente en staatsondernemings nog nie ontvang is nie, bv. van die Dept. van Energie, CoGTA, Prasa, Denel, SAA en SA Express.  Betroubaar word bereken dat wanneer hierdie verslae ook ingereken is, die totale korrupte syfer kan opskiet na sowat R95 miljard.

Ewe opspraakwekkend is die getuienis wat voor die Nugent-kommissie van ondersoek na die SA Inkomstediens (SAID) tydens die bestuurskap van geskorste kommissaris Tom Monyane.  Daaruit blyk dit dat Zuma op gedwonge wyse in September 2014 vir Monyane, 'n voormalige hoof van die SA Korrektiewe Dienste en met geen ouditeurservaring nie, plek gemaak het by die SAID as kommissaris. 

Dit is gedoen met die uitsluitlike doel dat Monyane die SAID moes korrupteer en omskep in 'n misdaadnet ten einde om ongemagtigde transaksies te kanaliseer en belastingontduiking vir bepaalde begunstigdes te bewerkstellig.  In die proses het Monyane ontslae geraak van spesialiseenhede in die SAID wat ongerymdhede ondersoek en aan die kaak stel.   Dit het meegebring dat die SAID ongelooflik geërodeer is en wanfunksioneel gemaak is, met bv een van die gevolge dat die stelsel van e-Filing in die SAID binne twee jaar ineen kan stort indien dit nie dringend opgegradeer word teen sowat  R1 miljard nie.

Inmiddels het regter Nugent in ‘n voorlopige verslag aan pres. Ramaphosa gesê dit was ‘n ramp om Monyane aan te gestel het en dat aanbeveel word dat hy so spoedig moontlik afgedank word. Samevattend wil dit voorkom op hierdie stadium uit die verskillende prima facie getuienisse voor die Zondo- en  Nugent-kommissies dat Jacob Zuma i.t.v. omvang van misdaad waarskynlik die grootste krimineel in die SA geskiedenis is.

Soos wat getuienis gelewer word, word die Zondo-kommissie na staatskaping, kom die ontsaglike afmetinge van die onderwerp stuk-stuk na vore.  Uit getuienis van bv voormalige adjunk-Minister van Finansies Mcebisi Jonas en andere het dit geblyk dat sedert voormalige President Jacob Zuma in 2009 in die saal gekom het, het die Cupta broers feitlik vryehand hom ontvang om Suid-Afrika na willekeur te regeer.

Ten einde persone wat geímpliseer word in getuienis wat reeds voor die kommissie gelewer is, geleentheid te gee om hulself voor te berei vir repliek, het regter Zondo beslis dat voormalige Minister van Openbare Ondernemings Barbara Hogan eers op 12 November 2018 en haar opvolger Pravin Gordhan op 15 November 2018 voor die kommissie sal getuig.

Inmiddels het die DA gevra dat, op grond van bepaalde inligting, pres. Cyril Ramaphosa ook voor die Zondo-kommissie moet kom getuig om te sê wat hy aansienlik vroeër van staatskaping geweet het en wat moontlik enige betrokkenheid van sy kant daarby was.  Dit is dus duidelik dat tot op hede nog slegs die spreekwoordelike oortjies van die seekoei gesien is wat betref staatskaping. 

Die plundery van die VBS Mutual Bank wat pas briljant oopgevlek is deur adv. Terry Motau in sy verslag getiteld “The Great Bank Heist” waaruit blyk dat sowat R2 miljard  deur sowat 30 “begunstigdes” geplunder is, kom loshande neer op die grootste bankroof in die geskiedenis van die land.  Wat dit in kort op neerkom, is dat die bank geskep is as 100% vir swartes en dat vooraf gereël is dat munisipaliteite en staatsondernemings soveel as moontlk geld in die bank sal inbetaal as sg. beleggings, maar dat dit aan die ander kant op misdadige wyse deur die uitvoerende hoof van die bank Andile Ramavhunga na die begunstigdes gekanaliseer sal word.

In die verslag van Motau, opgestel op versoek van die Reserwe Bank Omsigtigheidsowerheid, word die korrupte transaksies in detail aangedui, terwyl die name van al die skurke ook uitgespel word.  Onder diegene is o.a. Brian Shivambu, broer van die adjunk-leier van die EFF Floyd, wat ‘n uitbetaling van R16 miljoen van die bank ontvang het; daarvan het hy aan Floyd R10 miljoen oorbetaal, waarvan Floyd weer R1,3 miljoen in die rekening van die EEF oorbetaal het.

Wie ook nog prominent in die verslag figureer, is oud-pres. Jacob Zuma en sy Nkandla-landgoed, asook die Vhembe-koning, Toni Mphephu Ramabulana, om slegs enkeles te noem.

Dus is die hele VBS-sage een massiewe misdaadprojek t.b.v. sg. swart bemagtiging. 

Bladsy 11 van 96
Go to top