► Abel Sithole as uitvoerende hoof van die Government Employees’ Pension Fund (GEPF) getuig voor Mpati-kommissie dat ʼn “belegging” van R4,3 miljard sonder sy medewete gemaak is uit die GEPF na die firma Ayo Technologies van omstrede Iqbal Survé; blykbaar kan of wil Ayo dit nou nie terugbetaal nie ► Mynmaatskappy Rio Tinto het sy Rössing Uraanmyn in Namibië, in produksie sedert 1976 en wat tans jaarliks sowat 4,6 miljoen pond uraan lewer, verkoop aan die China National Uranium Corporation (CNUC) vir $106,5 miljoen; Rio Tinto het sedert 2017 beleggings van $11,2 miljard uit Namibië onttrek ► Nuwe Minister van Water, Sanitasie en Menslike Nedersettings Lindiwe Sisulu sê in Parlement skade in die departement weens korrupsie en wanbestuur is feitlik “onmeetlik” en dat drastiese omdraaistrategie dringend nodig is ► Munisipaliteite skuld die nege waterrade en Dept. van Water R14 miljard vir waterdienste gelewer ► Adjunk-minister van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Mcebisi Skwatsha sê in Parlement dat onteiening sonder vergoeding binnekort ʼn werklikheid gaan wees, “maar onwettige grondgryp nie toegelaat sal word nie” ► Vrystaat Landbou sê massiewe armoede in Lesotho bedreig wet en orde in Vrystaat en dat dit verskillende tipes misdaad in die provinsie veroorsaak ► Volgens verslag van PwC is vergoeding van ʼn uitvoerende hoof van mynmaatskappy in SA gemiddeld sowat R16,8 miljoen per jaar en dié van ʼn finansiële hoof sowat R6,9 miljoen per jaar ► Projek VatVyf gebaseer te Orania benodig borgskap vir twee behoeftige blanke leerlinge in Bloemfontein wat as prefekte gekies is om einde vanjaar elkeen ʼn oriënteringskamp by te woon – R1 000 vir seun in hoërskool en R500 vir dogter in laerskool – kontak projekvatvyf@gmail.com of 082 773 2150 ►
×

Waarskuwing

JUser: :_load: Kan nie gebruiker laai met id: 42

In 'n tyd wanneer die Afrikaner onder groter druk as ooit is om as volk voort te bestaan en sy regmatige plek in Suid-Afrika en in die wêreld in te neem, is dit noodsaaklik dat nuus en inligting wat saakmaak vir die Afrikaner van vandag, by hom / haar uitkom. Dit is presies wat Ditsem Nuus doen, 'n koerant wat sedert 2008 maandeliks gepubliseer word en versprei word te Kimberley, Bloemfontein en 12 dorpe in die suidwes-Vrystaat en Bo-Karoo van die Noord-Kaap. Die gedrukte uitgawe van die koerant word ook in digitale formaat op die Internet gepubliseer.

Gebaseer te Orania, bedryf Ditsem Nuus ook 'n dinamiese webwerf, Facebookblad en Twitter-rekening, almal waarvan daagliks opgedateer word. Daarbenewens stuur Ditsem Nuus ook die elektroniese nuuspakket, DitsemBlits, uit, met daaglikse Nuushooftrekke en 'n weeklikse Nuusbulletin.

Om nuus waarheidsgetrou, gebalanseerd, op tyd en professioneel te verskaf, verg kundigheid, dryfkrag, tyd, personeel, infrastruktuur en harde werk en dit het gemaak dat nuus 'n kommoditeit geword het – daar is onvermydelik 'n geldwaarde aan gekoppel. Daarom, om vandag noodsaaklike nuus en inligting by regsinnige Afrikaners uit te kry, moet Ditsem Nuus sorg dat dit finansieel volhoubaar bly.

Dit doen Ditsem Nuus deur advertensieruimte te verkoop in die koerant, asook op sy webwerf, terwyl die DitsemBlits op 'n intekenpakket van slegs R240 per jaar beskikbaar gestel word.

Indien dit vir u, geagte leser, belangrik is dat Ditsem Nuus die nuus en inligting verskaf wat dit doen, dan vra ons u om die koerantonderneming op en van of alvier die volgende wyses finansieel te ondersteun:

  • U besigheid in Ditsem Nuus maandelikse koerant adverteer as medium om strategiese teikenmark van middel- en hoër-inkomste Afrikaanssprekendes te bereik – kliek hier vir tariewe en vinnige prosessering
  • U besigheid op ditsem.net te adverteer – kliek hier vir vinnige prosessering
  • Inteken op DitsemBlits @ slegs R240 per jaar – kliek hier vir vinnige prosessering
  • Maak 'n donasie as Vriend van Ditsem deur die maklike betalingsmetode regs bo aan enige bladsy te volg – enige bedrag is welkom. U kan selfs gereelde betalings doen. Vir 'n donasie van R1 000 of meer, kom u naam en adres op die adreslys van DitsemBlits gratis vir die volgende vyf jaar (60 maande)

Sluit dus gerus aan by die Ditsem-familie en help bou aan 'n volhoubare Afikanervolk!

1 comment

  • Johann Venter - Dinsdag, 05 Maart 2019

    Tree jy op as 'n bouer van ons Afrikanerdom, of ;n verbrokkerling? Hou jy jou onnosel? Ek kan nie glo dat ju so 'n skuins klap na die Vryheidsfront gooi nie! Wat dink jy sal gebeur as hulle wêreldwyd verkondig dat hulle hulle be-ywer virn Afrikaner Tuisland? In die lig van die massiewe haat teenoor ons sal hulle van die politieke landskap verdwyn as hulle dit bekend maak. Onthou wat met ons volksgenote in Pretoria omgewing, en elders, gebeur het toe hulle 'n groot kennisgewing bord opgerig het wat bekend maak dat hulle Afrikener gebiesd is? Toe die DA met hulle galle gewerk het. Pleks dat hulle maar beskeie was en doelgerig daaraan gewerk het om hulle gebied uit te brei. Of ons van die Vryheids Front hou , hou, of nie , hulle is die enigste werkende party party vir ons. Hulle is ook die enigste politieke party wat erkenning aan Sy Majesteit, die Almagtige God van die Bybel, en Jesus Christus, en volgens hulle grondwet in my besit, wat hulle beywer vir 'n Afrikaner Volkstaat. Wat Mosjoe se party betref, is hulle wel Godvresend, maar gee ook erkenning aan hulle voorvader geeste.
    Wat Christene betref, is ons veronderstel om aan God gehoorsaam te wees. In verband hiermee verwys ek jou na Matt 12:25. Hiervolgens behoort alle Christene vir die Vryheids Front te stem.
    Groetnis en seënwense, en dankie wat jy vir ons Afrikaners doen.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top