Aletheim 1

► Pres. Trump van VSA en pres. Vladimir Putin van Rusland vandag kritieke beraad in Helsinki, Finland; Illuminati vrees goeie verstandhouding en bevordering van nasionalisme ► Pres. Cyril Ramaphosa sê R150 miljard beleggings van Saoedi-Arabië in SA, hoofsaaklik in energie; sy swaer Patrice Motshepe saam met hom daar, sy ander swaer Jeff Radebe Minister van Energie ► Artikel in Rapport deur dr. Frans Cronjé van SAIRV: Grondbeleid in SA soos nou geformuleer Dept. van Landelike Ontwikkeling en Grondsake beteken volslae Kommunisme ► Plaasaanval by Tarlton in Noordwes: Bejaarde egpaar erg aangerand en lank gemartel, met brandwonde in hospitaal opgeneem ► Vir kommentaar en navrae oor twee sonaanlegte deur Solar Capital by onderskeidelik Orania en Luckhoff, kontak Shawn 083 325 9965 of Percy 082 802 3728 ► Terwyl Kimberley brand oor swak dienslewering, sê DA ANC-provinsiale leier Zamani Saul is skoonveld, skuld persoonlik glo munisipaliteit R121 000 ► Vrystaat Kunstefees 2018 met talle kontroversiële produksies moet heelwat vertonings kanselleer weens gebrek aan belangstelling; waarnemers sê die fees is floumakou ► Berig dat hoës by Eskom petrolkaarte het ter waarde van R500 000 per jaar ► Moedige Kevin Anderson van SA in Wimbledon manseindstryd geklop deur Novak Djokovic 6-2, 6-2, 7-6 ► Proteas maak skande in eerste kriekettoets in Sri Lanka ► Dis bitterrrr-koud!

Ditsem Nuus verwelkom enige nuuswenke van nuus wat saak maak. Dit wat jy dink werklik belangrik is vir Afrikaanssprekendes en Afrikaners. Jy kan dit epos vir ons na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees., Whatsapp na 081 719 9390, deel op ons Facebook blad ‘Ditsem Nuus’ of ons ‘tag’ op twitter @DitsemNuus. Ons moedig julle ook aan om video’s of foto’s te neem, ons lewe vandag in ‘n era van burgerlike joernalistiek – enigiemand kan ‘n joernalis wees. Deel dit wat jy dink saak maak en versprei die nuus!

Ons is mekaar se oë en ore ten einde ‘n ingeligte gemeenskap te wees.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier