Geloftefeeskalender

Ditsem Vrystaat beplan om in die Desember 2012 / Januarie 2013 uitgawe die middelste twee bladsye te wy aan 'n Geloftefeeskalender waarin ons probeer om soveel as moontlik Geloftefeeste te lys wat gehou word in ons verspreidingsgebied Vrystaat en oostelike Noord-Kaap op 15-16 Desember vanjaar.
Die kalender word gedoen in dagboekformaat, met basiese besonderhede van plek, program, tyd en kontakbesonderhede van die Geloftefees.
Die idee met die kalender en redaksioneel daarby is om te help om Afrikaners opnuut bewus te maak van die Gelofte en nakoming daarvan, asook om hulle aan te moedig om 'n Geloftefees naby hulle by te woon.
Ons het egter uiteraard finansiële ondersteuning nodig om as deel van die gratis koerant twee sulke bladsye in te sluit om publikasiekoste tot en met R10 000 in totaal te dek. Vir besighede en individue wat hierdie twee bladsye finasieël sou ondersteun, gee ons op die blad erkening in die vorm van plasing van logo van die besigheid en kontakbesonderhede, met vir individue vermelding van sy of haar naam met kontakbesonderhede.
Intussen word die Geloftefeeskalender soos wat dit gegeld het vir 2011hiermee op die webwerf gepubliseer.
Indien jy kan help met inligting oor Geloftefeeste in ons streek, kan jy dit epos na ditsemvrystaat@ditsem.net, of indien jy ’n finansiële bydrae wil maak ter bestryding van die publikasie koste van die Geloftefeeskalender, kan jy skakel met Johann Dannhauser by 053 436 0552.
Geloftefeeskalender 2011
BETHLEHEM
• Laertrek Geloftefees
Plek: Laertrek Geloftefeesterrein (tussen Kestell en Bethlehem)
15/12 – 17:30 – Konsert, Kerrie en rys
18:00 – Samesang, Getuienis (Johnny Young), Lees
van Gelofte
16/12 – 07:30 – Oggendbiduur
09:30 – Vlaghuising en vlaglied
10:00 – Geloftediens en heraflegging van Gelofte
12:00 – Gelofterede
12:50 – Feesvergadering
13:10 – Bedankings en Afsluiting
15:00 – Besoek Voortrekkergrafte, Slag v. Groenkop,
Anglo-Boere oorlog.
18:00 - Bloedrivier DVD
Kontak: Jannie Bosch 082 967 1808 / Hannie van Eden 083 430 1539
BLOEMFONTEIN
• Bloemfontein-Suid
Plek: Williamstrip (Plaas van Bennie Schlebusch – op Jagersfonteinpad)
16/12 – 09:00 – Skriflesing en gebed,
Vlaghysing
Verwelkoming
Geskiedenis die van Gelofte
Erediens – ds. Pieter le Roux
Kontak: Jann Schlebusch 072 959 3214 / jann.schlebusch@gmail.com
• Dankbaar Geloftefees
Plek: Vrouemonument
09/12-15/12 – 18:30 - Voorafbidure elke aand
Plek: Bron van Herinnering / Dam van Trane - agter Bybelhuis
16/12 - 07:30 - Vlaghysing - Die Voortrekkers, Biduur - dr.
Kobus Bezuidenhout, Kranslegging
Plek: Vrouemonument
16/12 - 09:00 - Samesang
09:15 - Geloftediens - ds. Gert Terblanche, Herbevestiging v.d. Gelofte, Historiese vertelling – Willie Engelbrecht, Kranslegging by Gedenknaald, Los van duiwe.
Kontak: Sam de Klerk (051) 446 1899 / 082 785 4845 / samdeklerk@telkomsa.net
• Geloftediens
Plek: NH Kerk Bloemfontein-Wes, Fichardtpark
16/12 – 09:30 – Erediens – ds. Lewis Strauss
Geskiedenisvertelling
Kontak: Ds. Lewis Strauss 079 655 9239 / ljstrauss@lantic.net
• Geloftediens
Plek: Bergkraal Natuurreservaat (naby Maselspoort)
15/12 – Donderdagaand – Gesellige saamwees, saamsing,
volkspele en braai.
16/12 - 10:00 – Biduur
10:30 – Historiese vertelling - Elria Wessels
(Oorlogsmuseum)
11:45 – Geloftediens - ds. Robbie du Toit
Kontak: Ds. Robbie du Toit Estoire 083 838 8760 / robbiedt@telkomsa.net
BOSHOF
• Boshof Geloftefees
Plek: Openbare park in Boshof
16/12 – 10:00 – Geloftediens – dr. Danie Groenewald
Saambraai
Kontak: Rolanda van den Heever 053 541 0018 / rolandavdh@vodamail.co.za
BOTHAVILLE
• Bothaville NG Moederkerk
Plek: Kerk
16/12 – 09:00 – Erediens
DVD Slag van Bloedrivier
Geselligheid
Kontak: Piet Bruwer 083 263 5203
• Brandhoek Geloftefees
Plek: Brandhoek Feesterrein (Leeudoringstadpad)
16/12 – 09:00 – Biduur
09:30 – Erediens
11:00 – Historiese vertelling
12:00 – Piekniek
Kontak: Pine Pienaar 056 515 3288
• Kommandodrif Geloftefees
Plek: Kommandodrif Terrein
15/12 – Verskeidenheidskonsert en gesubsidieerde
ete
16/12 – 08:30 – Feesrede
11:00 – Erediens
Kontak: Johan Koekemoer 083 263 8083 / jhkoekemoer@telkomsa.net
• Uitkyk Geloftefees
Plek: Loskuil Primêre Skool
16/12 – 09:00 – Voorsang
09:30 – Erediens
11:30 – Gesamentlike ete
Kontak: Frikkie Nel 082 829 5723
BRANDFORT
• Geloftefees
Plek: Brandfort Skougronde
16/12 – 08:00 – Samekoms
08:30 – Boekevat – samesang
08:40 – Vertrek van Perdekommando en optog na
Voortrekkerbegraafplaas
09:15 – Skriflesing en gebed, Kranslegging en
Eresaluut van Perdekommando, Voordrag
10:00 – Vertrek na Houtnek: Samesang,
Bloedriviergeskiedenis, Aflê van Gelofte,
Erediens, Huldeblyk en Klipstapeling
Kontak: Johan Fourie 083 264 2233 / Faks 051 821 1907
BULTFONTEIN
• Tierfontein Geloftefees
Plek: Tierfontein
15/12 – Kamp opslaan en braai.
16/12 – 08:00 – Geloftediens en feesrede
18:00 – Nagmars
17/12 – Boeresport, kampvuur en sokkie.
Kontak: Herman Meiring 083 292 3427
DEWETSDORP
- Geloftefees
Plek: Middelpoort Geloftefeesterrein (40km vanaf Bloemfontein)
16/12 - Erediens - ds. Piet Lourens
Feesrede - Abrie Oosthuizen
Kliplegging
Braaivleis en jukskei
Kontakpersoon: Hendrik Cloete 082 550 0823 / 082 853 2022
DUNDEE
• Bloedrivier Geloftefees
Plek: Bloedrivier Gedenkterrein
13-14/12 – Kenmekaar
Dokumentêre dvd vertonings en jukskei
15/12 – Boeresport, aandkampvuur en volksang
Gelofte en aandgodsdiens.
16/12 – 06:00 – Oggendgodsdiens
09:00 – Gelofteplegtigheid – ds. Boeta Erasmus
10:00 – Herdenkingsdiens
11:15 – Geskiedenis oorsig - Meinhard Peters
12:15 – Piekniek en braai
Kontak: Frans Schutte 083 375 5198
FOURIESBURG
- Geloftefees
Plek: Fouriesburg Geloftefeesterrein
15/12 - 09:00 - Kamp opslaan
18:00 - Samesang en kampvuur
16/12 - 06:00 - Lofsang en gebed
09:00 - Lees van Gelofte en vlaghuising
11:00 - Geloftediens - ds. Dawie Meyer
12:00 - Potjiekos
Kontakpersoon: Ds. Dawie Meyer dawest@mtnloaded.co.za
HARRISMITH
• Retiefklip Geloftefees
Plek: Kerkenberg Terrein (op Bergvillepad)
15/12 – Laertrek en Boekevat
16/12 – 10:00 – Geloftediens
16:00 – Skattejag
19:00 – Boekevat en geskiendenis in aksie
20:00 – Kampvuur
17/12 – 07:00 – Biduur
09:00 - Boeresport, waatlemoenfees en terreinsport
19:00 – Boekevat, talentkompetiesie en verskeidenheidskonsert
18/12 – 10:00 – Erediens
14:30 – Jaarvergadering
16:00 – Bergwedloop
19:00 – Boekevat en joernaal
19/12 – 07:00 – Biduur en afsluiting
Kontak: Dirk van Reenen 082 418 9787 / Chanelle Roodt 082 561 0618
HEILBRON
• Vegkop Geloftefees
175-jarige viering van Slag van Vegkop 1836
Plek: Vegkop Geloftefeesterrein
15/12 – Skyfievertoning, lees van Gelofte by aandsgodsdiens,
kampvuur.
16/12 – 09:00 – Erediens
10:00 – Kranslegging, hulderede en feesrede
Feesete
Klipstapeling
Samesang en kampvuur
17/12 – Sportdag, uitstallings, toneelopvoerings.
18/12 – Erediens en afsluiting
Kontak: Samuel Brayshaw 084 821 2410 / Elsa Pretorius 082 072 5596
KOPPIES
• Rooiwal Geloftefees
Plek: Rooiwal Feessaal (N1, Rooiwal / Vredefort afrit)
16/12 – 09:00 – Erediens – ds. Gideon Strauss
10:00 – Gasspreker
Kontak: Rene Jonker 083 779 0574
KROONSTAD
• Geloftedagdiens
Plek: NG Moederkerk
16/12 – 09:00 – Geloftediens - ds. Darius Botha
Kontak: Dries Otto 082 923 3113/ajotto@compuking.co.za
KRUGERSDORP
• Paardekraal Geloftefees
Plek: Paardekraal Monument
01/12 – 05:00 – Oggendiens te Pretoriuskraal
15/12 – 18:00 – Kampvuur kuieraand
16/12 – 06:00 - Oggendiens, Paardekraal
08:45 – Vlaghysing
08:55 – Voorlees van die 1880 Gelofte
10:45 - Samesang en opneem van kollekte
10:55 – Voorlees van die 1838 Gelofte
11:05 – Geloftediens
11:55 – Vlagstryking
Kontak: At von Well 082 348 3828
LINDLEY
• Welvaart Geloftefees
Plek: Welvaart Feesterrein
16/12 – 08:30 – Biduur en samesang
09:00 – Erediens – ds. Willie Kruge
10:00 – Tee en kollekte
10:30 – Verkiesing van komitee 2012 en samesang
11:00 – DVD van Slag van Bloedrivier
12:00 – Sing van Die Stem
12:30 – Middagete
Kontak: Hannetjie 082 448 7306 / Nico Lategan 083 316 0561
LONDEN
• Geloftefees te Londen
Plek: Holy Trinity Church, 185 Hermon Hill, South Woodford
17/12 – 10:00 – 13:00 – Kerkdiens, met ete daarna. Kontak: Hans Earle +44793 2050686 / hans.earle@hotmail.com
MODDERRIVIER
• Geloftefees
Plek: Chris de Wet Terrein
16/12 – 09:00 – Vlaghysing
09:30 – Kerkdiens – ds. Hennie Briel
10:30 – Saambraai
Kontak: Callie van der Merwe 082 784 4519
ORANIA
• Geloftefees Orania Oewerpark
Plek: Orania Oewerpark
16/12 – 08:30 – Samesang
09:00 – Geloftediens – ds. Attie Boshoff
10:00 – Feesrede – Willie Spies, AfriForum
11:00 – Verversings en kollekte
13:00 – Braaivleisete
15:00 – Doornbult Erfenisterrein-toer
Kontak: Paula 082 316 6859 / inligting@orania.co.za
PETRUSBURG
• Geloftediens
Plek: AP Kerk
16/12 – 09:30 – Geloftediens
Kontak: W. Venter w.venter@absamail.co.za
VERKEERDEVLEI
•Rietfontein Geloftefees
Plek: Rietfontein Feesterrein
(tussen Verkeerdevlei en Maselspoort)
16/12 – 09:00 – Biduur
10:00 – Spreker – Pieta Oosthuizen
11:00 – Teedrink
11:30 – Geloftediens – ds. Jan Erasmus
12:30 – Afsluiting
17/12 – 16:30 – Vlaghysing, Skriflesing en gebed, boeresport,
potjiekos
19:00 – Sangoptrede deur Jaco Bezuidenhout
Kontak: Mariëtte Maree 083 260 4224 /
Marianne Oosthuizen 083 229 0456
WELKOM
• Geloftefees
Plek: HTS Skoolsaal, Volksweg
16/12 –08:30 – Verwelkoming en samesang
09:00 – Geloftediens - ds. Reyno van As
10:00 – DVD vertoning en kuier
Kontak: Franci van der Westhuizen (057) 352 2774 / 084 799 5911
WINBURG
• Josephinesdal Geloftefees
Plek: Josephinesdal Feesterrein
16/12 – 10:00 – Herbevestinging van Gelofte en
Geloftediens – ds. Piet Smit
11:00 – Teedrink en kuier
11:30 – Saambraai
Kontak: Hendrik Steyn 082 772 7714













16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sę:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sę:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sę:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sę:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."