Ramp voorspel met maatskaplike toelaes
Kommentaar (1)
02/02/12
In ‘n verslag getiteld South Africa Survey, wat pas deur die SA Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) vrygestel is, word voorspel dat Suid-Afrika op ‘n ramp afstuur indien die huidige pas van maatskaplike toelaes van die land volgehou word.
Lees meer...
Kategorie: Ekonomie |
Onsekerheid oor Eskom-kapasiteit
Kommentaar (0)
02/02/12
In ’n mediaverklaring wys die DA daarop dat Eskom in die nege maande tot September 2011 ’n netto wins van R12,8 miljard verklaar het, maar dat vermoedelik deel van die wins toegeskryf kan word aan kragverkope in die buiteland.
Lees meer...
Kategorie: Ekonomie |
Plaasmoorde rol voort
Kommentaar (2)
02/02/12
Die patroon van plaasmoorde en die barbaarsheid waarmee dit gepaardgaan, rol eenvoudig voort, met die lyk van ‘n 77-jarige boer, mnr. Boet Cilliers, wat vandeesweek vasgemaak aan ‘n boom met ‘n koeëlwond in die voorkop op sy plaas naby Stella in Noordwes gevind is.
Lees meer...
Kategorie: Blanke moord |
TLU SA veldtog teen plaasmoorde
Kommentaar (3)
02/02/12
TLU SA wys in ‘n mediaverklaring daarop dat sedert die begin van Januarie vanjaar is ses landbouprodusente reeds op hulle plase vermoor, in vergelyking met een moord verlede jaar Januarie. Mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder, sê hierdie situasie is totaal onaanvaarbaar.
Lees meer...
Kategorie: Blanke moord |
Estoire-behuisingsprojek uiteindelik goedgekeur
Kommentaar (0)
02/02/12
Ná ‘n gesloer van drie jaar sedert die aansoek ingedien is, het die Vrystaatse Dept. van Samewerkende Regering, Menslike Vestiging en Tradisionele Sake (COGTA) uiteindelik die ontwikkeling van ’n groot behuisingsprojek in Estoire, Bloemfontein, ten bedrae van sowat R1,5 miljard goedgekeur.
Lees meer...
Kategorie: Ontwikkeling |
Werklike Matrieksyfers skok
Kommentaar (1)
02/02/12
Volgens ’n spesiale verslag van Media 24, het een uit elke ses matrieks wat verlede jaar wiskunde geskryf het, minder as 10% behaal, terwyl ’n derde wat fisiese wetenskappe geskryf het, minder as 30% gekry het.
Lees meer...
Kategorie: Opvoeding |
Etniese groepering verenig
Kommentaar (0)
02/02/12
Ses prominente Khoi-groepe het pas besluit om verskille opsy te skuif en ’n verenigde front te vorm. Op ’n gesamentlike vergadering te Mosselbaai het twee Griekwa-families en vier Kaapse Khoi-stamme ’n verbond tot samewerking gesluit en verklaar dat hulle ’n Goddelike roeping daartoe voel.
Lees meer...
Kategorie: Kultuur |
Vakature vir skoolhoofpos Orania CVO
Kommentaar (0)
02/02/12
Die Orania CVO Skool adverteer tans die vakature vir die pos van skoolhoof. Die leerlingtal van die skool het die afgelope vier jaar gegroei van 42 leerlinge tot sowat 200, terwyl die fasiliteite en terrein van die skool opgegradeer is na topstandaarde.
Lees meer...
Kategorie: Werksgeleenthede |
Steun pro-lewe-aksies – CDP
Kommentaar (0)
02/02/12
Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om vanaf volgende Woensdag af betrokke te raak wanneer 15 jaar van aborsies op aanvraag in Suid-Afrika herdenk word.
Lees meer...
Kategorie: |
Verspreiding van Ditsem Vrystaat geherstruktureer
Kommentaar (0)
02/02/12
Ten einde rekening te hou met ekonomiese tendense, is die verspreidingsgebied van Ditsem Vrystaat as maandelikse koerant geherstruktureer. Een van die stappe was om plattelandse dorpe wat die kreeftegang gaan en waaruit die koerant besigheidsgewys nie ondersteuning trek nie, van die lys te verwyder. Voorts is verpreiding op verafgeleë dorpe, bv. in die Noord-Vrystaat wat besigheidsgewys eerder by die Vaaldriehoek in Gauteng inskakel, gestaak.
Lees meer...
Kategorie: Ditsem Vrystaat |
AfriForum staan grondgrypslagoffers by
Kommentaar (0)
28/01/12
AfriForum het aangekondig dat dit regshulp gaan verleen aan die slagoffers van die Zimbabwe-styl-grondbesetting wat tans by Wallmansthal, noord van Pretoria, plaasvind.
Lees meer...
Kategorie: |
Lae Lande in bresse vir Afrikaans
Kommentaar (0)
28/01/12
Joernalistieke verteenwoordiger in Wes-Europa Leopoldt Scholtz berig dat ’n tendens wat die afgelope tyd in die sg. Lae Lande, nl. Nederland en Vlaandere na vore kom, is politici wat in die bresse tree vir die behandeling van Afrikaans as taal in Suid-Afrika.
Lees meer...
Kategorie: Afrikaans |
Boere-Afrikaner Volksraad praat met Orania
Kommentaar (2)
28/01/12
Die Boere-Afrikaner Volksraad (BVA), wat ná ’n eie interne verkiesing versprei oor die land in die lewe geroep is, het sy tweede sitting te Orania gehou. In ’n mediaverklaring sê die BVA dat die werk van sy aangewese Adviesraad feitlik voltooi is en dat die eis om selfbeskikking dan gereed sal wees om aan die regering te oorhandig voor die einde van Maart vanjaar.
Lees meer...
Kategorie: Ontwikkeling |
05/02/12 om 11:33:17
Plaasmoorde rol voort
Armando Pellencin sê:
"Abel, jy van alle mense, behoort te weet dat dit net aksie, sigbaar en voel..."
05/02/12 om 11:29:03
TLU SA veldtog teen plaasmoorde
Armando Pellencin sê:
"Ou Johannes, jy kan bid tot jy blou word, en niks sal gebeur nie. Niemand s..."
03/02/12 om 09:51:34
Ramp voorspel met maatskaplike toelaes
Tewis sê:
"Ja dit is nogal waar. Ek noem en gebruik as voorbeeld die situasie op ladi..."
02/02/12 om 06:21:32
Werklike Matrieksyfers skok
Johan sê:
"Kan ons werklik iets beters van ons "soustrein regering" verwag? Ek is geen..."