wordpress visitor
Nehemia Domino-projek projek met n verskil - Ditsem Nuus - Dit wat saak maak

Nehemia Domino-projek projek met n verskil

Kommentaar (0)

06/09/12

Sedert daar met die Nehemia Domino-projek oor blanke armoede begin is, is daar baie vrae.

Ek wil ‘n paar van die kwessies so in die verbygaan behandel, is meer daar waar die 'tyre’ en die teerpad bymekaarkom. Die bedoeling is om net so paar aspekte uit te lig sodat mense beter kan verstaan dat die probleem veel meer kompleks is as wat die meeste besef.

Statistieke

Die syfers wat ek hier aandui, is beraamde syfers van verskillende bronne en volg ek die middeweg. Die beraamde syfers is om perspektief te gee aangaande die omstandighede in die nuwe SA en veral situasie aangaande die nuwe vlaag blanke armoede wat ons sedert 1994 ervaar.

1994: Beraamde blanke bevolking 5,5 miljoen (42 000 armblankes)

2011:Blanke bevolking 4,2 miljoen

1 miljoen het land verlaat

1 miljoen senior burgers (ouer as 50) of op vervroegde pensioen geplaas.

1,2 miljoen werkloos / armblanke

+ 700 000 in wit plakkerskampe / nedersettings vasgevang.

+ 500 000 leef onder broodlyn

1 miljoen ekonomies aktief.

Polities nie korrek nie .....          

Derduisende blankes lees, hoor en sien baie min in die media dat Suid-Afrika se blanke bevolking nuwe probleme en uitdagings ervaar en dat die situasie aangaande die blanke se posisie drasties versleg. Dit is in baie kringe polities nie korrek om oor die blanke se situasie te praat en / of verslag daaroor te doen. Die verdere onkunde is doodeenvoudig ons eie onkunde aangaande die regstellende beleid / wetgewing in die werkplek/besigheid.

Vrae wat ek gereeld aan werkende blankes vra.

  • Weet jy hoe die regstellende beleid werk ?
  • Weet jy hoe BEE beleid werk ?
  • Het jy al ooit ingesit waar die werkgewer sy volgende regstellende (Equity Plan) bewerk en beplan en dan aan regering elektronies terugvoer moet gee.
  • Het jy al ooit gesien hoe lyk die formaat waarop die beplanning gedoen word - die redes wat verskaf moet word hoekom teikens nie behaal is nie, verduidelik moet word en wat is jou nuwe aksieplan gaan wees..

Die deursnee antwoord is meesal dat hul baie min of niks weet en hoop hul is nie in visier om hul werk in nabye toekoms te verloor.

Bedoeling van regstellende beleid

Die bedoeling van die beleid is baie voordelig vir slegs klein deel van die ander rasse maar die gevolge is redelik traumaties vir die blankes en ook vir meeste besighede. Die verlies aan kundigheid, ervaring en produktiwiteit van voorheen kundige ervare effektiewe werknemers is onberekenbaar.

Die toepassing van die wetgewing het tot dusvêr daartoe bygedra:

  • Dat derduisende blankes uit die werkplek gerangeer om plek te maak vir die voorheen benadeeldes wat minder geskool is
  • Die impak wat  verpligte swart bemagtiging op honderde besighede gehad het en hoeveel besighede hul deure na swart bemagtiging moes sluit.
  • Dat die werkmag in 1994 ongeveer 5,5  miljoen mense was en vandag steeds in dieselfde omgewing  verkeer.
  • Meer as een miljoen blankes tasse gepak het en in ander lande heenkome moes gaan soek. Indien meeste van hierdie mense dit nie sou doen, is die vraag waar sou hul in hulself in die arbeidsmark bevind het. Die oorgrote meerderheid van die mense is as gevolg van regstellende aksie of swart bemagtiging praktyke uit die land.
  • Dat ongeveer 1 miljoen blankes ouer as 50 op vervroegde pensioen moes gaan en dat hierdie mense nie gereed was om so vroeg al uit die arbeidsmark te gaan.
  • Ek kry nêrens syfers nie, maar talle van dier mense ouer as 50 wat wel pakkette gekry het, het dit in eie besighede belê. Volgens beraming het meer as negentig persent van hierdie mense al hul beleggings in eie besighede as gevolg van bankrotskap verloor. Die besigheid was nie die probleem – die probleem was / is gebrek aan kennis en geen ervaring van basiese beginsels van hoe besigheid bestuur / bedryf moet word.

Die Arm blankes in ons eie  woon gebiede

Baie min mense weet van die blankes in ons omgewing binne ons eie gemeenskap a.g.v nuwe arbeids wetgewing swaar trek / werkloos geraak het. Die kerke is gewoonlik in mate bewus van diesulkes en reik uit na die waarvan hul bewus is. Ons ander mense / lidmate  is selde bewus wie van hierdie mense is en daarom dat ons onkundig is aangaande die situasie. Hier en daar weet ons dalk van'’n gesin maar oor die algemeen is ons nie bewus van die mense reg onder ons neuse.

Vrae soos .... Waar is die kerk ? Wat doen die kerk ?

Kan nie deur ons beantwoord word nie. Daar is talle kerke wat goeie werk onder die nie blankes doen en redelik energie en fondse in die voorheen benadeelde gemeenskappe spandeer. Gemeentes / kerke oor die algemeen kanaliseer ook klein hoeveelhede hulpmiddels na hul eie blanke lidmate / mense in hul eie grense en is die beleid in meeste kerke, dat geen besonderhede van mense wat hulp ontvang bekend gemaak mag word nie. Baie kerke wil nie by blankes betrokke raak aangesien dit blykbaar polities nie korrek is nie. Dan is daar paar kerke wat fokus en uitreik na veral die blankes en dan is daar paar wat redelike balans tussen hulp aan blankes en ander rasse. (Tussen hakies: moet my asb. nie aanval oor die “polities nie korrek nie” – ek is net die boodskapper van wat gesê word.)

Blankes in ons eie woongebiede en tussen ons

Diesulkesis  gewoonlik baie beter daaraan toe as diegene wat hulself in die wit plakkerskampe vind. Baie van die mense tussen ons woon iewers agter in '’n buitekamer , buite woonstel en / of by familie / kinders. Hierdie mense het nog op een of ander wyse 'n klein bron van inkomste (R1 100 – R2 200) en kan in mate darem die huur van R1 000 tot R1 500 betaal en dan b ly daar bitter min oor vir basiese behoeftes. Hier is waar ek ervaar waar kerke redelik bydrae lewer ( 3 tot 6 maande en dan word hulp eers weer gestaak) Hierdie mense het in meeste gevalle voldoende lopende water, elektrisiteit  tot hul beskikking leef tenminste nog in meer stabiele omgewing en naby kerke. 

Die wit plakkers

Hierdie is nou heeltemal ander geval. Die oorgrote meerderheid van hierdie mense het al alles verloor. Hul is die manne / vroue / jongmense wat geheel en al nie meer werk kry nie. Hul bly ook nie meer by familie en/of vriende of ander mense en bevind hulself binne die plakkerskampe.

Hier moet  ek dit duidelik stel – hier is slegte en vrek lui blankes onder hierdie mense– maar dan is daar weer die ander wat nog altyd bly hoop en bid om wel weer werk te kry.

Na beraming is daar + 700 000 duisend wit plakkers in ons land, waarvan sowat 90% hul werk verloor het as gevolg van die nuwe beleid. Ons sien hierdie mense as motorwagte of as bedelaars by robotte, regoor die land.

Kos en klere 

Uit my eie ervaring beleef ek dat klere oor die algemeen nie die grootste probleem is nie. Sodra mense hoor van nood, is klere die eerste items wat aangebied word. Die kampe waar ek besoek aflê kan in meeste gevalle nie al die klere hanteer en lê die wat nie gebruik kan word en vrot. Die mense mag nie die klere verkoop om bv. kos te aankoop aangesien hul dan beskuldig word dat hul die klere verkoop vir drank geld. Daar is die gevalle waar dit wel gebeur, maar oor die algemeen is dit nie waar van meeste van hierdie inwoners en verantwoordelike self aangestelde bestuur.

Ervaar dat dit

Selde sal dit gebeur dat mense vra vir klere – wat ek en ander wat onder ons mense werk wel ervaar wel ervaar is dat dit gereeld gebeur dat meeste van hierdie mense meer as 3 dae sonder kos gaan en kinders honger gaan. Kos is nie so oorvloedig beskikbaar soos klere.

Bedelaars by robot

Hier in ons omgewing leen die sirkels hul nie daartoe dat persone by sirkel kan staan met bedel bordjie.  In die stede is dit dan ook kenmerkend hoedat swart bedelaars se posisies by robotte meer en meer deur wit bedelaars gevul word.

Ook hier is daar paar van die gesoute en ervare professionele bedelaars, s te sleg om te werk bedelaars, maar om almal egter onder dieselfde kam te skeer is growwe veralgemening. Baie van hierdie mense moes hul trots sluk en tot die vlak daal. As daar nie werk is, is daar nie werk. Ek is al kruis en dwars deur van ons streke en werk is skaarser as hoendertande. Die ekonomie mag volgens die slim manne groei maar die werkloosheid syfer stagneer en neem selfs toe.

Sonder werk vir meer as 18 maande tot 2 jaar

Navorsing wys dat indien '’n persoon langer as 18 maande tot 2 jaar werkloos is, die kanse uiters skraal is dat sodanige persoon weer in die arbeidsmark opgeneem sal word. Die rede daarvoor is dat hy / sy hul werksetiek verloor het, terwyl dit ook beweer word dat tegnologie so vinnig beweeg dat na 3 jaar is jou kennis en ervaring basies niks meer werd nie!

Dit is ook een van die hoofrede waarom talle bestuurders nie na persone se CV's kyk indien hul langer as 18 maande nog nie betrekking beklee het nie. Die meeste van hierdie werklose blankes stuur gereeld hul CV's uit en hoopvol dat hul wel baie binnekort  oproep sal ontvang om onderhoud by te woon en weer inkomste te begin verdien.

Die werklose persone is geheel en al onbewus dat hul alreeds hul werk etiek verloor het en dat hul al meer en meer wegsak tot waar hul eventueel in ’n kamp / nedersetting opeindig.

Ek het werk maar die mense is te sleg om te werk

Dankie, tog – daar is diegene wat nog kan help en werk aanbied.

Die dilemma waarmee ons sit is dat die mense meesal langer as 2 jaar al sonder werk gesit het en sodoende hul werk etiek verloor het. Verder sukkel die manne oor die algemeen meer as die vrou om weer werk te kry. Manne val ook makliker in depressie en voel baie gou dat hy as man sy posisie as broodwinner vir die gesin verloor het, sy manwees word erg geknou en na tyd in beslag neem depressie en verlies aan hoop vir die toekoms hom tot vlak waar hy in sak en as sit en is dit dus ook baie moeilik om hom te motiveer om weer sy plek in te neem..

Die aanbod om  werk vir blanke manne / vroue is egter bitter skaars en is daar talle organisasies wat netwerk met besighede om indien daar poste oopgaan vir sommige van hierdie mense werk te verskaf. Dit moet egter nie te lank neem – hoe meer balnkes op- ander plekke uit die mark val om plek te maak vir die voorheen benadeeldes hoe groter word die kans dat hy / sy nie werk gaan kry. Dit het niks met te sleg om te werk te doen – dit is die beleid van vandag en, soos gesê word, “finish en klaar"!

Van die mense kry werk 

Dit gebeur wel dat van hierdie mense weer werk kry en dit ook aanvaar. In die begin juig en jubel hul tot die eerste volle betaaldag aanbreek, dan begin die kommer en die vra hoe betaal ek my water en elektrisiteit, hoe betaal ek my huis, hoe betaal ek ....... !

Wat gebeur is basies baie eenvoudig. Hierdie mense het voorheen redelike inkomste verdien, kon tenminste huishuur, motor, kos ens. bybring.

In die begin jare van regstellende aksie het dit tot so 6 maande geneem om weer werk te vind. Later het die tydperk vergroot tot 12 maande, toe 18 maande - en vandag?

Mense het op voorheen redelik oorleef terwyl hul nuwe werk moes soek, hier en daar ietsie verkoop, by ouers intrek of by kinders intrek tot hul weer ‘n redelike betrekking kry. Die vergoeding is nie heeltemal soos voorheen nie, maar redelik aanvaarbaar. Soos die jare aanstap, het die krisis verbied om werk te kry en het besoldiging vir selfs ervare kundige ervare blankes ook op onderste vlakke gaan besoek aflê..

Voorheen het mense bv. R10 000 verdien – vandag met dieselfde kennis en ervaring is talle gelukkig indien hy / sy R3 000 verdien. Daar is talle sulke voorbeelde en is die gevolg wit plakkerkampe.

Wit nedersetting / plakkerskamp.

Met R3 000 per maand begin daar nou probleme ontstaan – daar is of geld vir huur, of geld vir kos of geld vir skoolfonds. Indien persoon gelukkig is kry hy/sy iewers motorhuis, buite kamer, buite woonstelletjie te huur. Na jaar of so is daar weer regstelling / afskaling  by die nuwe werk en bevind talle van hierdie persone hul weer in posisie waar hul weer werkloos raak.

Nou neem dit nie net 6 maande, 12 maande , 18 maande , 2 jaar om werk te kry nie, dit raak byna onmoontlik. Kry jy wel werk dan is inkomste van R 3000.00 jou nie meer beskore, maar vat of los R1 500, so jy aanvaar dit. Jy het weer werk en hoop vir die beste.

Die wiel bly draai – jy werk 12 maande of so dan is daar weer afskaling of regstelling en dan is jy weer lank sonder werk – 1 jaar, 2 jaar , 3 jaar , 4 jaar ........jy stuur CV;'s weg – almal help uitkyk en hou oor teen die grond - ------ WAT nou ! ! Wie se skuld is dat die mesne nou al slegter en slegter word..

Hierdie is die mense wie ek in die plakkerskampe ontmoet, deur kinders verstote, familie het al van hul vergeet, sien nie meer die binnekant van '’n kerk, afgesny van die buitewêreld, hul wêreldjie het verklein tot dit wat binne die grense van kamp plaasvind.

Nie hul keuse.

Dit is my waarneming en absolute oortuiging + 90% van hierdie mense nie gekies het om in daardie omstandighede te gaan leef nie. Hierdie mense het eers besit, maar daardie besit van hul deur wetgewing weggeneem en aan ander oorgedra. Die aan wie dit oorgedra is kom uit gebiede waar hul van min na meer en selfs oorvloed geneem is . Dit is redelik anders as waar die wat besit het dan verloor het en in die moeras van die lwe vasgevang word.

Dit is baie moeilik vir meeste blankes om te glo, kennis te neem, te besef en te aanvaar dat goeie hardwerkende lojale blankes stelselmatig vanuit die werkplek, woonplek, gemeenskap en posisie in samelewing rangeer is tot waar hul nou in plakkerskampe, motorhuise, agter kamertjies en vervalle geboue eindig.

Die pad vorentoe

Vir die pad vorentoe, is die uitdaging om op welke wyse ookal programme te loods waar ons met groot moeite, baie energie en fondse die kaf van koring onder die nuwe arm blankes moet uitsif. Die gewilliges met vlam in die gat die lewe in die oë kyk, toegerus word, opgehef word en gehelp word om hul regmatige plek in die ekonomiese bestel in te neem sodat hulle en hul kinders ’n hoopvolle en volhoubare toekoms kan binnegaan.

Nehemia-groete

Gideon van Deventer

http://nehemiadominoproject.webs.com/gideon8steps@telkomsa.net

Sel. 082 451 7247

Tel. 057 388 3411

Faks 086 602 5734

 

[1]

Lewer kommentaar

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/04/14 om 03:07:39

AfriForum vat regering aan oor sportkwotas

Johan van Tonder s:

"As die sportliggaam n 40/60% swart meerderheids verhouding nastreef, waarom..."


15/04/14 om 02:55:34

Radikale landbougrondvoorstelle vir SA

willem van staden s:

"Manne, die ouens maak sulke stellings sodat ons kan kommentaar lewer sodat ..."


10/04/14 om 02:33:56

VF Plus en adv. Anton Alberts

Johan Willemse s:

"Anton sal beslis waarde toevoeg aan "Goue-ding" Provinsie...."


10/04/14 om 01:47:24

Oproep om UV Konvokasie by te woon

Gert Kruger s:

"Jonathan sal aanhou uitmekaar trek tot hy eendag weggejaag word en net die ..."