wordpress visitor
Petisie teen nuwe porno-kanaal - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Oorlog teen porno

African Satellite Installations (ASI) sê dat ‘n nuwe 24-uur pornografiekanaal van Januarie 2012 in Suid-Afrika beskikbaar gaan wees. Dit sou geskied deur die Franse Porn Satelliete TV (P Sat) en sou beteken dat harde volwasse pornografie vryelik gekyk kan word mits ’n ekstra dekodeerder en slimkaart @ R99 aangeskaf word.

Volgens ASI beeldsend die porno kanaal reeds na Afrika en het ASI nou ’n lisensie bekom om dekodeerders in SA te verkoop wat die kanaal kan opvang.

’n Woordvoerder van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van SA (Okosa) sê egter dat Okosa nie kennis dra van waar die ASE-dekodeerders kom nie en dat Okosa die invoer van sulke toerusting eers moet goedkeur voordat dit versprei kan word. Daarby het Okosa nie ’n aansoek om ’n lisensie vir die verspreiding van pornografie deur PSat ontvang nie. Omdat kykers moet inteken op die kanaal, is dit onderhewig aan Okosa-goedkeuring.

Intussen het TopTV aansoek gedoen om ’n lisensie by Okosa om pornografie op drie video-kanale uit te saai.

Okosa sê egter ook TopTV se lisensie om pornografie uit te saai, is nog nie toegeken nie.

Hoe dit ookal sy, wetenskaplike ondersoeke het getoon dat pornografie vernietigend op die menslike psige inwerk, uiters verslawend is en verwoestend op morele sedes is. Dit bevorder ook hand oor hand euwels soos dwelmgebruik, alkoholmisbruik, gesinsverbrokkeling, egskeiding en jeugmisdaad.

Hoewel prof. Kobus van Rooyen van die Uitsaaiklagtekommisie van SA, (UKKSA) gesê het alle kanale wat plaaslik uitgesaai word, is onderhewig aan die regsbevoegdheid van die kommissie, sê hy sibskripsiekanale wat regstreeks van die buiteland uitsaai, is nie onderhewig aan streng reëls nie.

Daar is dus ’n kans dat die stroom geestelike riool verhoed kan word en met die oog daarop het Ditsem Vrystaat ’n petisie op sy webwerf geopen waar mense beswaar teen al die beoogde kanale kan aanteken. Die petisie sal dan na beplan word aan Okosa sowel as UKKSA voorgelê word.

Help ons om wal te gooi teen hierdie gemors vir SA en vir ons jeug!

Boweal, maak dit asb. ’n gebedsaak.

  1. Susan Nel - Bloemfontein - 14/12/11
  2. Gert van Tonder - Pretoria - 21/01/12

Teken die petisie

Naam:
Stad/dorp:
Epos (word nie vertoon nie):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

Gesprekke aan die gang

20/02/12 om 07:03:14

Telkom dalk beboet met R3,5 miljard

Dirk Smit sê:

"Stem saam met Elna Lush. ..."


18/02/12 om 09:08:31

Vuurwapenregister in wanorde

Tewis van Oudtshoorn sê:

"Dit is maar te verwagte...die domstes word in die hoogste posisies aangeste..."


17/02/12 om 10:04:06

Geen VS munisipaliteit skoon oudit

Marius sê:

"Hiervan kan ek as verbruiker getuig. Meer as n jaar gelede het ek my Munis..."


21/02/12 om 08:56:39

Haglike toestande by Potch Landboukollege

Carel sê:

"Dit het hoogtyd geword dat die gemeenskap wat homself beywer om die Afrikan..."


Nuutste rubrieke

Godsdiens

DIE BELYDENIS VAN BELHAR: MEMORANDUM OPGESTEL DEUR GENL. JOHAN VAN DER MERWE IN OORLEGPLEGING MET OUD-LEDE VAN DIE SA POLISIEMAG EN ANDER GELOWIGES.

Landbou

Oneindige probleme op Vrystaat-Lesothogrens

Internasionale politiek

Armenië kom tussen Turkye en Frankryk

Blanke armoede

Projek Opstaan

DitsemSport

Dillon blink vir Ridders