
Oorleef die finansiële storm - Kommentaar (1)
Oorleef die finansiële storm
Kommentaar (1)
“…het die hoëpriester, Asárja, van die huis Sadok, met hom gespreek en gesê: Vandat hulle die offergawe na die huis van die Here begin bring het, eet ons tot versadiging en hou nog oorvloedig oor; wat die Here het sy volk geseën, sodat ons hierdie menigte oorgehou het.” 2 Kron. 31:10
Dr. Norman Vincent Peale was 'n prediker tydens die Groot Depressie. Sy salaris is twee keer verminder. Hy skryf: “Almal was depressief. Besighede het misluk. Niemand kon geld leen nie. Die druk het toegeneem en ek was beangs. Toe sê ek vir my vrou: 'Ons is in 'n hopelose situasie. Ons kan nie ons rekeninge betaal nie. Wat gaan ons doen?'”
Haar antwoord het my verstom: “Ons gaan tiendes gee!”
Ek het gevra: “Waarmee? Dis onmoontlik.” “Nie onmoontlik nie,” het sy geantwoord, “noodsaaklik. Ons gaan uitkom op 90% van jou salaris. Tiendes is 'n geloofsdaad en met ons geloof so klein soos 'n mosterdsaad, is niks onmoontlik nie.”
Sy was reg, ons het uitgekom. Geld het nie ingestroom nie, maar daar was altyd genoeg. Meer nog, die gee van tiendes het my vrese laat bedaar en my gedagtes gestimuleer. Daar's 'n onsigbare bron van oorvloed wat jy tap as jy aan God se opdrag gehoorsaam is.
Die Bybel sê: “Die seën van die Here maak ryk…” (Spreuke 10:22). God se seëninge hang nie af van die ekonomie nie. As jy Hom eer met jou tiendes en dankseggings, sal Hy “…die vensters van die hemel oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën uitstort…” (Maleági 3:10).
In die Ou Testament toe God se volk “offergawes by die huis van die Here laat inkom het, was daar genoeg…en daar bly baie oor.” Hoekom? Want Hy het Sy volk geseën.
Maak jy staat op menslike ekonomie of op God se seën?
Lewer kommentaar
Johann Fouche - 07/09/12 om 12:02:07
Is die 10% wat ons moet gee, voor of na belasting? ;-)
Jesus vra nie ons tiendes nie. Die ryk jong man het sy tiende presies uitgewerk.... tot op die sent na.
En wat sê Jesus toe? "Verkoop ALLES wat jy het en gee dit vir die armes".
Jesus soek dus nie net 10% van ons goed nie - hy soek 100% van ons goed... Alles behoort tog aan Hom!
Dus - laat ons ophou om die sakrekenaar uit te haal om ons bydrae vir die Kerk te bereken...
Kom ons gee onsels VOLLEDIG aan Hom, dan sal al die ander dinge vanself kom.













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sê:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sê:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sê:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sê:
"wat ek verder wou bysê is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."