
Blik op dinge - Kommentaar (0)
Blik op dinge
Kommentaar (0)
‘n Blik deur die nuus vestig Blik se blik op 'n paar dinge.
Die gewilde Oos-Vystaatse Kersiefees kry vanjaar 'n stiefboetie by. Ficksburg se buurdorpie, Clocolan, bied vanjaar vir die eerste keer ook 'n kersiefees aan, die sg. Kersiekaperjolle, wat beskryf word as 'n aanvullende, nie-kompeterende fees vir die Fickburg een.
Maar die Ficksburgers sê hulle wil glad nie met die kaperjolle vereenselwig nie. Hulle sê die Clocolaners steel hul son.
Al wat Blik sê: Gaan sit om 'n rondetafel en praat die ding uit oor 'n paar glase kersiemampoer – anders waai die kersiehoutspaanders waarskynlik.
Van die hak op die tak, Blik is bly dat die jong Johan Goosen saam met die Springbokke Doer Onder toer. Blik is 'n groot fên van die man se vermoë om regte losskakelspel te speel - hardloop, uitgee, spanmaats in gapings in besit stel – al die dinge wat Blik voel 'n losskakel moet kan doen.
En as bonus kan die man 'n bôl sool dat hy lyster. Hy kom juis uit 'n bond wat al verskeie loodpote opgelewer het – Edrich Krantz, De Wet Ras, Gysie Pienaar, Morné Steyn, Frans Steyn. Almal manne wat die bal van net buite hul eie kwartgebied deur die anderkantste mikke kon jaag. Moet seker iets in die water wees.
Om mee af te sluit, liewer iets op 'n ligter noot. Nadat die dokter 'n pasiënt ondersoek het, sê hy hom dat hy erge hondsdolheid het en nie lank meer het nie. Die ou gaan sit en begin skryf. Die dokter vra: Stel jy jou testament op? Nee, sê die ou, ek maak 'n lys van die mense wat ek wil gaan byt!
Tot wederom
Blik Oor
Lewer kommentaar













16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sę:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sę:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sę:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sę:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."