
Die pad na potensiaal - Kommentaar (0)
Die pad na potensiaal
Kommentaar (0)
“Woon jy in 'n kasteel?” het die meisie gevra. “Is dit pienk - soos jou rokkie?”
'Natuurlik!' het haar maatjie geantwoord. “Sy is mos Barbie!”
Al wat ek kon doen, was glimlag.
Dit was nie altyd so nie. Die Mej. Dowe SA wat jy van weet, is een wat gereeld in tydskrifte, koerante en op die radio verskyn. Die Mej. Dowe SA wat jy sien is een wat altyd op haar beste lyk. Die Mej. Dowe SA wat jy ken is een wat nie bang is om voor duisende mense te praat nie.
Dit was nie altyd so nie. Op hoërskool het ek nie geweet wat ek met my lewe wil doen nie. Ek het baie selfbewus gevoel, en my grootste vrees was om voor mense te praat. Ek sou mompel en die mense sou nie verstaan wat ek sê nie.
My grootste droom was om in die biblioteek te werk. My pa het gereël dat ek elke Saterdagoggend daar gaan werk en ek het gehou van die stilte. Ek kon wegkruip in my eie dop.
My volgende werk was as kelnerin. Dit was 'n beter werk, maar ek was steeds bang om met mense te kommunikeer...
Eendag roep die bestuurderes my. “Vicki, jy het so baie potensiaal en talente, maar dit is jou eie verantwoordelikheid. Moenie wegkruip nie; wys vir die wêreld dat jy kan enige iets doen.”
Daardie gesprek het my lewe verander. Ek het myself verloor in die boekrakke en die lawaaierige restaurant, maar daardie dag het ek myself weer gevind.
As daar een ding is wat jy moet besef, is dat elke mens moet iewers begin. Ek het in die biblioteek en restaurant begin, maar ek het op 'n heeltemal ander plek geëindig – 'n plek waar ek nooit so kon droom nie. As jy vir my 'n paar jaar terug gesê het dat ek sou 'n skoonheidskoningin word, sou ek gesê het jy is laf. Dit was net nie moontlik vir my nie – op daardie stadium was ek verwaarloos.
Al woon ek nie in 'n pienk kasteel nie, en al lyk ek nie altyd soos Barbie nie, weet ek een ding: Ek sou nie gekom het waar ek is vandag as dit nie vir daardie bestuurderes was nie. Weet jy wat? Ek glo dat God het haar gestuur – Hy het nog al die tyd in my geglo, maar ek het Hom nie geglo nie. Toe stuur hy iemand soos sy om dit vir my te sê.
En nou wil ek vir jou vra: Wat hou jou terug...? Jy is tot alles in staat deur Christus wat jou die krag gee – dit is jou keuse om dit joune te maak...!
Lewer kommentaar













16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sę:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sę:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sę:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sę:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."