wordpress visitor
Blanke armoede - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

As ons nie weet wat om te bid - Kommentaar (1)


As ons nie weet wat om te bid - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

As ons nie weet wat om te bid

Kommentaar (1)

“…want ons weet nie reg wat ons moet bid nie…” (Rom. 8:26)
Gebed werk soos die bekende Amerikaanse 911 nooddiens. Al wat jy moet doen, is om die nommer te skakel om oombliklik met 'n operateur verbind te word wat opgelei is om kalm te bly en jou met die nooddiens te verbind wat dadelik vir jou hulp stuur.
Jy kan dalk nie in staat wees om die probleem te verduidelik nie. Miskien kry jou geliefde 'n hartaanval en jy is so ontsteld dat jy net oor die foon skree. Geen probleem nie; die operateur het nie die besonderhede nodig nie. Hy sien op die skerm waarvandaan jy die oproep maak, en hulp is oppad.
Daar kom tye van desperaatheid en pyn waartydens ons 911-gebede bid. Ons is oorstelp; ons het soms nie woorde nie. Maar God hoor. Hy ken ons name en ons omstandighede. Hulp is oppad; Hy bring reeds die geneesmiddel.
En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. (Rom. 8:26 – 28)

[1]

Lewer kommentaar

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

Carries - 15/10/12 om 10:16:18

Dis te pragtig - eks mal oor hierdie stukkie - mens dit elke dag onthou !

Lewer kommentaar op Carries
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

In die nuus

Gesprekke aan die gang

24/05/13 om 08:35:45

Op die Markplein

Carries sę:

"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."


23/05/13 om 03:45:47

Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid

Piet Mulder sę:

"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."


23/05/13 om 12:03:55

Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis

Jaco de Beer sę:

"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."


24/05/13 om 08:39:08

Verpolitisering van onderwys

Carries sę:

"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."