wordpress visitor
Blikoor - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Rugbydinge - Kommentaar (0)


Rugbydinge - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Rugbydinge

Kommentaar (0)

Blik se kop neig deesdae om by rugby vas te haak...
Oral lees mens hoe die rugbykenners vra wat Meyneke Heyer se wedstrydplan eintlik is, want ná 'n paar toetse van losgetjorrel en bôlle skop vir die opponente, het die Bokke teen die Wallabies gekliek toe hulle die bal meer gedra het.
Meyneke se stelling dat dit in moderne rugby nie meer moontlik is om die verdediging konvensioneel te klop nie, laat ongemaklike vrae. Speel die Bokke dan nie moderne rugby nie, want hul verdediging word te maklik konvensioneel geklop?
Moet seblief nie vir Suid-Afrikaners kom vertel skop en storm is Springbokrugby nie. Die rugbypubliek verdien beter as dit.
Moet sê die Wallabies was in die laaste toets maar 'n gelapte span en nie regtig 'n maatstaf nie. Blik dink dit was eerder geval van die manne van Doer Onder het die toets verloor as wat Meyneke se manne gewen het.
Moet darem bysê, met die jong Goosen in Morné se plek en ook Taute in Frans Steyn se plek, het die agterlyn meer wip en sweepslag gehad.
Blik praat weer as die komende Slag van Soweto teen die Haka-krygers verby is.
Wat Blik bring by Cheetah-rugby.
Ag, wat 'n geploeter - op en af van die veld af. Die wen teen die Poubloues het darem die hoofpyn so bietjie verlig, maar talentvolle spelers soos dié Ebersohn-broers en Andries Strauss is só van wysie af, dis net nie waar nie. Hoekom, is die vraag wat die ooms in die Glashokkie moet beantwoord.
Nou wil Juan Smith nie eers meer die Wittrui oor sy kop trek nie, terwyl nog 'n talentvolle soos Marcel van der Merwe ook die pad vat Anderland toe.
Oom Grootleeu Kevin is ook nou smoorkwaad vir die Cheetah-base. Het hy rede?
Wat gaan aan op en langs ons rugbyvelde?
Tot wederom
Blik Oor

[1]

Lewer kommentaar

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

18/05/13 om 01:12:38

Nuwe Smouswet “gekheid”

jaap sę:

"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."


17/05/13 om 11:30:12

Vrystaat Stadion meer leefbaar

J.Meyer sę:

"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."


16/05/13 om 10:02:15

Nog twee plaasaanvalle

Barend Kruger sę:

"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."


17/05/13 om 08:28:45

Onrusbarende berigte

FRans Malherbe (Skuilnaam sę:

"Stem saam met Olivier.
Gee my die coordinate, dan kyk ons daarna me..."