wordpress visitor
Tolbos - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Die Nuwe FAK-sangbundel - Kommentaar (0)


Die Nuwe FAK-sangbundel - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Die Nuwe FAK-sangbundel

Kommentaar (0)

Wat is in en wat is uit?
Alle oë is tans op die FAK gefokus met die vrystelling van die Nuwe FAK-sangbundel. Vir maande al maak hulle ons lus daarvoor. Dit word hierdie maand vrygestel met 'n groot konsert by Aardklop: FAK Fantasties!
Die bekende FAK-sangbundel is vanjaar reeds 75 jaar met ons. Met die nuwe bundel is die bedoeling nie om die vorige een te vervang nie, maar eerder erkenning te gee aan die ontwikkeling van Afrikaanse musiek sedert 1979. Die ouer een kry dus net 'n boetie / sussie by.
As ons na die geweldige skatkis kyk van ”nuwe” oorspronklike Afrikaanse liedjies sedert 1979, moes dit sekerlik kopkrap gekos het om te besluit wat is in en wat is uit. Dalk 'n onbegonne taak?
Gelukkig is daar iemand by die FAK met hare op sy tande. Danie Langner, die uitvoerende hoof van die FAK, sal in die volgende maand moet bontstaan om  komplimente en kritiek aan te hoor. Dankie vir mense soos jy, Danie!
Of jy gaan saamstem of verskil met hierdie versameling van immergroen-, geestelike, kinder-, kuns-, koor- en kleinkunsliedere, maak nie werklik saak nie. Wat saak maak, is dat ons uiteindelik 'n bundel het met eietydse Afrikaanse musiek wat die afgelope 33 ”storm-en-drang” jare verteenwoordigend bevat.
Die bundel gaan beslis 'n leemte vul op ons boekrak!
Dankie FAK!
 

[1]

Lewer kommentaar

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

18/05/13 om 01:12:38

Nuwe Smouswet “gekheid”

jaap sę:

"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."


17/05/13 om 11:30:12

Vrystaat Stadion meer leefbaar

J.Meyer sę:

"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."


16/05/13 om 10:02:15

Nog twee plaasaanvalle

Barend Kruger sę:

"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."


19/05/13 om 06:27:41

Onrusbarende berigte

Carries sę:

"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."