wordpress visitor
Ditsem Boeke - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Monumentale Erfenis - dr. Jackie Grobler - Kommentaar (0)


Monumentale Erfenis - dr. Jackie Grobler - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Monumentale Erfenis - dr. Jackie Grobler

Kommentaar (0)

As 'n gids-uitgawe tot 50 Afrikaner-gedenkteken deur dr. Jackie Grobler, is hierdie boek 'n besitvereiste en 'n unieke roetegids tot die monumente-erfenis van die Afrikanervolk.
Die intrinsieke waarde van die boek lê in die volgende:
Die verspreiding van monumente / standbeelde word op die volgende roetes uitgestippel: Die N1-roete (Beitbrug – Kaapstad) (26 monumente / standbeelde); N2-roete (Ermelo – Kaapstad) (7); N3-roete (Johannesburg – Durban) (5); N4-roete (Komatipoort – Zeerust) (7) en langs ander roetes (5); vir 'n totaal van 50.
Elke tweede bladsy toon, met 'n foto van die bepaalde monument, die ligging, GPS koördinate, toegang, geriewe, oprigting en inwyding aan, asook voetnotas oor besienswaardighede in die omgewing.
Uitstekende historiese feite m.b.t. elke struktuur stel die besoeker in staat om as deel van reisgenot, sigbare herinneringe aan die geskiedenis te herleef.
'n Informele verwysing na die waardevolle werk van die Erfenisstigting word ook gegee.
Ten slotte: As teenvoeter teen die huidige algemene toestand van verval in die land, het dit noodsaaklik geword dat Afrikaner-volksgenote hul onmisbare kultuur-historiese erfenis opnuut of vir die eerste keer ontdek aan die hand van skitterende gidse soos Monumentale Erfenis.
Die gids kan bestel word by Kontak Uitgewers by tel. (012) 807 0434 of kontak@ananzi.co.za.
  Pieter F. Smith
Bloemfontein

[1]

Lewer kommentaar

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."