wordpress visitor
Jongste uit Zim - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Hierdie rubriek word anoniem behartig deur een van die weinige oorblywende blanke boere op sy plaas in Zimbabwe en wat te midde van groot druk vasbyt.

As belydende Christen, benader hy sy boerdery en sy reg om dit in sy vaderland te beoefen, vanuit die Christelike lewensbeskouing.

’n Blanke boer in Zimbabwe wat vasbyt - Kommentaar (0)


’n Blanke boer in Zimbabwe wat vasbyt - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

’n Blanke boer in Zimbabwe wat vasbyt

Kommentaar (0)

Ditsem Vrystaat  is in kontak met een van die laaste blanke boere in Zimbabwe wat nog vasbyt – ’n Afrikaner van oorsprong, maar lankal ’n volbloed Zimbabwer wie se Afrikaans verroes geraak het. Ons plaas hiermee sy jongste, selfverduidelikende, grootliks ongeredigeerde, brief:

Baie het die laaste paar weke gebeur.

Ons het in 'diep water' getrap. Ons plaas is ook verdeel, 5 "Offer letters". Die mense wag omdat hulle wil ons tabak en ander oeste steel. Ek moes koes en duik, die Local Polisie Inspector Gapiza, het n gedeelte van my plaas gekry, sowel as 4 ander persone.

Ons het die SA 'embassy' genader aangesien my ma nou 33% aandeelhouer is aan my maatskappy. Gary Smith is sy naam en ek het dokumente van wat aangaan aan hom besorg verlede Vrydag.

Ons het ook met die Belge gepraat. My vrou is nou Belg. Hulle was baie behulpsaam en het vinnig ‘n brief na die Zim regering geskrywe met hul teleurstelling oor die gebeure . . . (onder andere 5 ander boere ook soos ek in die moelikheid) in my area.

Maandag moes ek die Inspekteur ontmoet met twee van sy geselle met "Offer letters", dit was ‘n moeilike saak! Die inspekteur het subtiele skimpe gemaak. As ek nie ooreenkom nie sal hulle ons met jeug oorrompel (soos demonstrations met "looting" ingedagte)  . . . ons noem dit "Jambange" Ek het duidelik vir hulle/hom gesê, dat hierdie gedeelte van my plaas 10% is wat ek oor het, elke keer wat hulle my verdeel het, het ek saamgespeel, die keer is daar niks oor vir my gesin of mense nie. Ook aan hulle gesê . . . meer as 300 siele afhanklik is van ons voortgehoue boerdery. Alles het op dowe ore geval . . . . .Die vrou Mrs Musona het in my gesig gelag en uitgejou! Vieslike mens.

My bestuurder het vertel sy het reeds my geboue en toerusting onder mekaar uitgedeel . . . sal sien wat die Here hieroor sal doen.

Ek het nie trug gestaan nie, ek hul oortuig dat hulle moet wag vir amptelike briewe van of die Belgiese of SA regering, dan as ek moet, sal ek van my plaas af. Ek is siek-en-sat vir "Photocopies" nonsense . . . . . en gaan nie vir n skudewee weghol nie.

Ons plant voort my vriend, en wag vir die Here . . . 
Ons krag!!!

Psa 27:1  A Psalm of David. The LORD is my light and my salvation; whom shall I fear? the LORD is the strength of my life; of whom shall I be afraid? Psa 27:14  Wait on the LORD: be of good courage, and he shall strengthen thine heart: wait, I say, on the LORD.


Dis pynlik en ons mense is moeg!

Onthou asb, moet ons nie jammer kry nie, ons het ‘n keuse gemaak om hier vas-te-byt.

[1]

Lewer kommentaar

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."