Die Afrikaner: Nog nooit lojaler vennoot vir vryheid - Kommentaar (0)
Die Afrikaner: Nog nooit lojaler vennoot vir vryheid
Kommentaar (0)
Die Afrikaner: Nog nooit lojaler vennoot vir vryheid
- Skrywer onbekend
Nog nooit was daar ’n vuriger, meer lojale, meer waardevolle vennoot van die Westerse wêreld as Suid-Afrika nie - en nog nooit is ’n land met meer venyn verraai, verstoot en verneder nie.
Nou is die Weste besig om self in ’n krisis te verval, die soort wat hulle vir Suid-Afrika voorberei het. Ironies genoeg is dit juis in Suid-Afrika, in die gedaante van die Afrikaner, wat die gety gedraai kan word tot herlewing van die Westerse beskawing.
Ai, wat ’n vriend het die Weste nie in Suid-Afrika - die Suid-Afrika onder die ferm beheer van die Afrikaner - gehad nie!
Nadat die twee Boererepublieke in 1902 verslaan is en aanvanklik vies en steeks in die dampkring van die Westerse aardbolhelfte en spesifiek in die Engelssprekende kant daarvan, ingesleep is, het dié land ’n entoesiastiese bondgenoot vir die Weste geword.
Sy ontsaglike minerale rykdom is primêr vir Westerse gebruik ontgin en ’n standvastige Afrikanerdom het die allerbelangrike handelsroete in die seehoofweg om die Kaap beveilig teen ongure invloede. Die Anglo-Amerikaanse Ryk se oorloë was Suid-Afrika se oorloë en die Geallieerdes het die voordeel van hardnekkige, vindingryke, aggressiewe Boerekrygers in twee Wêreldoorloë en in ’n deurslaggewende walgooiery teen Kommunisme in Korea gehad.
Ná die Tweede Wêreldoorlog het die VSA vir Brittanje as toonaangewende moondheid in die Weste verplaas. Die oorlog het ook die VSA die rykste land in die geskiedenis gelaat.
Aan die anderkant was Brittanje, Suid-Afrika se mentor in die internasionale gemeenskap, op dun ys na die oorlog. Hulle was die grootste klant van die demokrasie-arsenaal en moes van hulle wêreldryk afstand doen omdat die rekening te groot was. Toe Brittanje dié juk van die nek begin afgooi, kon hulle nie gou genoeg hulle kolonies lossny nie. Daarmee saam het gekom die perspektief van die edele barbaar wat onderdruk is deur die geldgierige Westerse kapitalis. Geen ander Westerse volk het egter soveel gedoen vir die opheffing van die “edele barbaar” as die Boer nie, maar dit het die Britte nie gekeer om hulle eie kam te gebruik om die Afrikaner oor te skeer nie.
Suid-Afrika was vir 30 jaar die toerniket teen die Kommunistiese gif in die sensitiewe streek van Suidelike Afrika toegepas het. Die stank wat Suid-Afrika hiervoor ontvang het, was om binne die Westerse gemeenskap geïsoleer te word, maar dit was meer as isolasie, meer as verwerping, meer as onderwerping aan verdagmakery. Die Weste, meer as enige ander magsblok, het aktief gewerk om die Suid-Afrikaanse regering te ondermyn.
Hulle het daarmee volhard, al het dit beteken dat hulle daardeur daadwerklike ondersteuners van ’n venynige, anti-Westerse, pro-Kommunistiese beweging geword het. Hierdie onherstelbare verbrokkeling in die verhouding tussen die Weste en die pro-Westerse Suid-Afrikaanse regering het in Westerse wispelturigheid en sy groeiende liberalisme welig getier.
In die sestiger- en sewentigerjare is Amerika se “Grootste geslag” vervang deur die “Baby boomers”, maar die nuwe generasie se ruggraat het in voorspoed opgelos. Hulle was skepties oor hulle voorouers se deelname aan twee groot en ’n paar minderwaardige internasionale oorloë in net 50 jaar en hulle was ook nie gediend met die dissipline, opoffering en nougesetheid waarmee hulle ouers depressie en stryd oorleef het nie.
Die Boomers wou losbreek uit die greep van konserwatisme en het daarop aangedring om die vreugdes van die lewe te smaak sonder om daarvoor te betaal. Dit het ’n opstand teen nasionalisme – wat die verantwoordelikheid van die individu en die voorrang van die gemeenskap beklemtoon het – ontketen. Dit het hulle vatbaar gemaak vir die invloede van liberalisme.
Die gevolg was die sosiale rewolusies van die sestigerjare. Hulle het die dekke skoongevee van enige oorblyfsels van hulle voorouers se opvattings en daarmee saam die Amerikaner se beginsels rakende ras. Vir hulle sou daar voortaan geen biologiese of sosiale verskil tussen rasse wees nie en waar een ras sou terugval, sou die regering ingryp om gelykheid te herstel.
Hierdie oppervlakkige beskouing van rasseaangeleenthede het Suid-Afrika ’n noodsaaklike en maklike teiken van uiterse verontwaardiging gemaak. Hulle het maklik eers die Britte en toe die liberale Europa op sleeptou in hulle haatveldtog geneem. Suid-Afrika, intussen, was besig met die dapperste en eerlikste eksperiment om rasse van wyduiteenlopende aard in een land te huisves. “Apartheid” is deur Eerste Minister Verwoerd vervang met die konstruktiewe en verantwoordbare konsep van afsonderlike ontwikkeling en is nog nooit in die geskiedenis soveel gedoen deur ’n minderheid vir die ontwikkeling van ’n meerderheid nie.
Ná die sluipmoord op dr. Verwoerd is afsonderlike ontwikkeling geleidelik afgetakel tot ’n politieke gedrog wat moreel kwalik meer regverdigbaar was.
Die pienk liberalistiese Weste het soos bloedhonde toegesak en selfs saam met Kommunistiese lande en ‘n sg. swart vryheidsbeweging ’n verbete internasionale veldtog teen “apartheid” en blanke regering gevoer.
In dieselfde tyd het die politieke domino’s rondom SA begin val en het Angola, Mosambiek, Zimbabwe en Namibië swart regerings – weliswaar meesal met burgeroorloë – gekry.
Wêreldwyd is woedend teen Suid-Afrika betoog, hulle is van die internasionale sportvelde verban, handelsgoedere is weerhou, die SA regering is op openbare verhoë verneder... Swede het selfs geld onder die Anglikaanse tafel vir ’n terroristebende aangegee om Suid-Afrikaanse vrouens en kinders mee te vermoor.
Die Suid-Afrikaanse ekonomie het egter die poging om dit te smoor oorleef. SA entrepreneurs het die lugleegtes in die sanksies gebruik om industrieë te ontwikkel, terwyl die mynboubedryf onmisbaar op die internasionale markte was en die Boere se landboubedryf die voedselketting van ’n subkontinent onderhou het.
Met die val van die Ystergordyn was die wêreldorde geherrangskik. Suid-Afrika goed geposisioneer om nuwe, gretige handelsvennote in Rusland en ’n ontwakende Sjina te vind, terwyl Japan nog altyd ongeduldig met die sanksieveldtog teen Suid-Afrika was.
Die Weste se rugstekery het wel ’n onbeskermde gleufie in die Suid-Afrikaanse pantser gevind: Die papbroekige regering van F.W. de Klerk. Daardeur het die blankes van die VSA, van Brittanje en Europa, van Kanada en Nieu-Seeland en Australië uiteindelik dit reg gekry om die Boer oënskynlik finaal onder te sit.
En wat het hulle in ruil gekry? As hulle verwag het dat die ANC-regering ’n sweempie van dankbaarheid sou wys, sou hulle gou leer. Dankbaarheid is nie ’n Afrika-begrip nie. Die nuwe regering was virulent anti-Westers, baie meer tuis in die vrot kol van diktators en die oorblyfsels van kommunisme. Die kosbare minerale, wat eers so deur handel vir hul! le toeganklik was, het buite die Westerse moondhede se greep verskuif, nie omdat die ANC dit nie aan hulle sal verkoop nie, maar omdat die nuwe SA regering onmagtig is om die ferm strukture vir die behoorlike ontginning daarvan te verskaf.
Tans is die gemiddelde swarte van Suid-Afrika volgens elke aanwyser erger daaraan toe as in die laaste jare van “apartheid” – en die hele land word geleidelik, maar al hoe vinniger, in die swartkolk van anargie, hongersnood en ellende ingesuig en dit is die swart burger van SA wat die weerloosste is en die genadelose prys vir onbesonne liberale ideale moet betaal.
Die Weste moet dit egter alles stip dophou, want in hierdie verval is die voorbode van hulle eie verval te sien. Liberalisme het die behoudende grense van elke Westerse land weggekalwe. Elkeen van hierdie state is ’n drukkoker waarin botsende elemente ergeloos saamgestrooi word. Die stoompotdeksel word tans in posisie gebring en vasgeskroef. Die “minderhede” in al hierdie lande beloop miljoene mense en hulle is onwillig om verskuif te word.
O, wanneer liberalisme onvermydelik wegval vir die Westerling se nasionalisme van oorlewing, gaan ongekende geweld en grootskaalse omdolwing van die Westerse lande die noodwendige gevolg wees. Westerse liberale het die springstof van multikulturalisme in hulle eie lande gemeng en versamel en hulle politieke kortsigtigheid is die vlam teen die lont.
Tot dusver is net een blanke volk aan die genade van ’n ander ras oorgegee en dit is die Afrikaner. Maar die Boer, al is hy platgestoot, is nie dood nie; hy is nie eers uitgetel nie. Terwyl swart gemeenskaplikheid losrafel, is die Afrikaner besig om sy eie eensgesindheid te herontdek. Kunsmatige geforseerde integrasie van verskillende etnisiteite het nog nooit gewerk nie en sal nooit werk nie – bloot eenvoudig omdat dit teen die Skeppingsorde is.
Omdat dit in SA die enigste – énigste – werkbare bestel is, sál daar ’n Afrikanerland tot stand kom. Vir die heel eerste keer in sy geskiedenis sal hy werklik smaak waarvoor hy homself al vir drie-en-’n-halfeeue beywer: Die reg en die geleentheid om homself sonder inmenging te regeer en sonder om verantwoordelikheid vir ander rasse op homself te moet neem.
Wanneer die Nuwe Anargie in die VSA en Europa kom, sal blankes met ’n nuwe waardering vir die Westerse kultuur hulle oë wend in die rigting van die Suide van Afrika waar ’n klein maar omgesukkelde, fier jong volk die bewakers van daardie beskawing geword het. En dan sal die Afrikanerland nie ’n verstoteling van die Weste wees nie – maar die hoop daarvan.
Dawid as jongste uit die huis van Isai was die koningsgesalfde; dieselfde kan vir die Afrikaner geld as die jongste spruit uit die huis van die Hervorming.
Lewer kommentaar













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sę:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sę:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sę:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sę:
"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."