wordpress visitor
Afrikanertoekoms - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Afrikaner-toekoms: Die jeug en lesse uit die verlede - Deel 1 - Kommentaar (0)


Afrikaner-toekoms: Die jeug en lesse uit die verlede - Deel 1 - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Afrikaner-toekoms: Die jeug en lesse uit die verlede - Deel 1

Kommentaar (0)

Afrikaner-toekoms: Die jeug en lesse uit die verlede – Deel 1

 

  • Pieter F. Smith

 

Die skrywe wat hier volg kom uit die pen van ’n Afrikaner wat self sedert agt dekades gelede die moeilike pad van Afrikaner-voortbestaan geloop het.

In SA was dit veral die Afrikaner van die eertydse Boere Republieke wat sedert die Anglo-Boere-oorlog in 1902 van die grond af moes opstaan om ’n nuwe bestaan uit te werk.

Dit was egter nadat Genl. JBM Hertzog in 1924 die bewind van die Unie van SA oorgeneem het, dat Afrikaner-belange ’n nuwe hupstoot ontvang het.

Destyds was meer as 50% van die Afrikaner-bevolking nog op die platteland in die boerdery betrokke, waar boere dikwels teen natuurrampe soos uitmergelende droogtes d.m.v. bystand van die Landbank van ondergang gered is.

Die totstandkoming van Yskor en uitbreiding van die Spoorweë met verbandhoudende nywerhede het toenemend werksgeleenthede vir armblankes gebied.

Behoeftige Afrikaners het spoedig in groot getalle na die Randse goudmyne gestroom, waar hulle dikwels in haglike toestande in krotbuurte saamgetrek het om hoofsaaklik as onopgeleides met nie-blankes om minimum lone mee te ding.

Dit was egter die Carnegie-verslag van 1932 wat sedert die depressie- en droogtejare van die vroeë 1930’s die klem geplaas het op die onderwys en opleiding van Afrikaner-jeugdiges as oplossing van die armblankevraagstuk.

Goed opgeleide, bekwame en begeesterde onderwysers, bygestaan deur opofferende ouers, veral op die platteland waar plaasskole soos paddastoele verrys het, het ’n sleutelrol gespeel om die jeug op die regte pad te begelei.

Die NG Kerk se groot bydrae, veral vir die befondsing van bekostigbare koshuise in plattelandse dorpe, moet nooit onderskat word nie. Kinders uit arm families kon derhalwe matriek verwerf wat hulle terselfdertyd na aflegging van ’n Spoorweg- en Staatsdienseksamen, die pad na beide instellings geopen het.

Leerlinge wat hul matriekeksamen met onderskeiding geslaag het, kon gewoonlik met beurse en lenings van o.a. Helpmekaar, hul studies by kolleges en universiteite voortsit. Opleiding in onderwys het dikwels voorkeur geniet.

Die simboliese Ossewatrek van 1938 het onder leiding van begeesterde Afrikaner-leiers ’n sleutelrol in die totstandkoming van toegewyde Afrikaner nasionalisme gespeel. In 1948 het dit ook die basis gevorm vir behoudende Afrikaners om die Volksraadsverkiesing onder aanvoering van die Nasionale Party te wen.

Onder leiding van dr. H.F. Verwoerd, is ’n besondere mylpaal in 1961 bereik met die totstandkoming van die Republiek van Suid-Afrika as ’n onafhanklike staat onder Afrikaner-beheer.

Die ongekende voorspoed wat daarop gevolg het en tot voordeel van almal in die land gestrek het, het terselfdertyd tot die finale beëindiging van die armblankevraagstuk gelei.

Die belangrike les vir die toekoms is dat die Afrikanervolk destyds onder aanvoering van toegewyde leiers op alle gronde, met geloofsvertroue in die Allerhoogste, uit die moeras van ellende wat sy vyande vir hom geskep het, kon opstaan om ongekende hoogtes in sy bestaan te bereik.

 

 

 

[1]

Lewer kommentaar

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."