wordpress visitor
Afrikanertoekoms - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Afrikaner-toekoms: Die jeug en lesse uit die verlede - Deel 2 - Kommentaar (0)


Afrikaner-toekoms: Die jeug en lesse uit die verlede - Deel 2 - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Afrikaner-toekoms: Die jeug en lesse uit die verlede - Deel 2

Kommentaar (0)

Afrikaner-toekoms: Die jeug en lesse uit die verlede – Deel 2

Pieter F. Smith

Die drie dekades sedert Republiekwording in 1961, kan tereg vanweë die aard en omvang daarvan as die aanloop tot die grootste krisis in die Afrikanervolk se geskiedenis bestempel word.

Die skrywe wat volg moet slegs as ’n selektiewe benadering beskou word wat veral by ons jeug en jongmense die nodige belangstelling hopelik sal wek om ’n aanvullende studie van die historiese agtergrond te maak. Sodoende kan dit lei tot beter begrip van die huidige toedrag van sake, met die oog op soeke na werkbare oplossings vir die Afrikanervolk se voortbestaan.

Kragtens die Britse Westminster stelsel van die SA regering sedert 1910, is daar nie vir die getalryke nie-blanke bevolkings toegang tot die landsbestuur gegee nie. Die gevolg daarvan was o.a. die stigting van die ANC in 1912, wat binne agt dekades so ’n krag gegroei het dat dit in staat was om die regering onder invloed in bystand van die Nuwe Wêreld Orde en sy meelopers, oor te neem.

Gedurende die eerste vyf dekades ná Uniewording was daar deurlopend pogings van die blanke regering om sover moontlik, eie grondgebiede aan die verskillende swart volkere te voorsien, sodat die res as blanke grondgebied erken kon word.

Hierdie deurlopende gedagte van aparte grondbesit het in 1948 gestalte gekry met die bewindsoorname van die Nasionale Party. Dr. HF Verwoerd het egter toegesien dat ‘Apartheid’ in alle opsigte tot ‘Afsonderlike Ontwikkeling’ oorgeskakel word, met die eerlike motief om die swartes te help om onafhanklike selfonderhoudende state te vorm. Ten spyte van toenemende koste hieraan verbonde het die plan egter in die praktyk weens swartes se bewese onvermoë, skipbreuk gely.

Wat die blanke regering sedert die sewentigerjare van die vorige eeu aanbetref, moet kortliks verwys word na die N.P. as regerende party se buitengewone groei gebaseer op ’n valse vertrouensbasis by die kiesers dat hul steeds besig was om ’n veilige toekoms vir die blankes se voortbestaan te bewerk.

Regsgesinde Afrikaners het egter onder leiding van die K.P. sedert 1982 – in veral teen gevare van politieke hervormingsplanne van die N.P. – binne ’n dekade soveel steun by blanke kiesers verwerf dat daar ’n sterk moontlikheid was dat hulle die regering kon oorneem.

Afrikaner-verdeeldheid het egter gaandeweg tot so ’n ongekende omvang toegeneem, dat die werklike gevaar van die getalryke nie-blanke-volkere se toenemende politieke en ander eise al moeiliker oplosbaar sou wees. Dít ten spyte van die redelik aanvaarbare politieke hervormingskemas vir hulle vanaf die NP-regering.

Met inagneming van die opkomende ‘swart gevaar’ kan veral gelet word op die volgende faktore wat tot ’n nuwe tydgees in optrede onder die swartmense in SA bygedra het:

  • Stigting van die VVO en sy betrokkenheid by onafhanklike Afrikanerstate.
  • Erkenning van volke burgerregte vir Negers in Amerika, wat na SA oorgespoel het.
  • Die toenemende Sowjet / Kommunistiese bystand aan swart bewegings in SA.

Die enekele faktor wat in die hele proses waarskynlik die meeste tot die mislukking van die nie-blanke beleid bygedra het, was egter die toenemende permanente vestiging van swartes as arbeiders in tradisionele blanke woongebiede, veral in stedelike nywerheids- en mynbougebiede.

Afgesien van die nadelige invloed daarvan op die blankes se beskouing van sekere werk wat tradisioneel deur vreemde arbeid verrig is en hul daarom tot sodanige arbeid verbind het, het veral die toestemming tot die vestiging van swart vakbonde - gerugsteun dat liberale en kommunistiese bystand – toenemend gelei tot onuitvoerbare eise.

Weens die snelle ekonomiese groei op alle terreine was blanke arbeid spoedig nie voldoende om aan die toenemende vraag na arbeid te voldoen nie. Werk wat voorheen vir blankes gereserveer was, is gaandeweg deur nie-blankes oorgeneem.

Die ironie van die saak is dat hoewel al meer geld vir afsonderlike ontwikkeling aangewend is, is swartes toenemend toegelaat om sonder voorbehoud hulself in tradisionele blanke gebiede te vestig.

Swart Kommunisties-gedrewe leiers wat sedert 1960 nie gevangenisstraf opgelê is nie, het na die buiteland uitgewyk waar hulle die nodige finansiële steun, verblyf en opleiding ontvang het om uiteindelik as regeringslui in ’n nuwe politieke bedeling beskikbaar te wees.

Terselfdertyd was die blanke regering se stryd om voortbestaan onderhewig aan ’n felle internasionale aanslag met die V.N. op die voorpunt en SA se voormalige Westerse bondgenote as listige meelopers. Dit het geskied deur o.a. die sanksie-veldtog en sielkundige ondergrawing onder die vaandel van volle demokrasie, stemreg en menseregte vir almal.

Die vraag is nou of die blanke Afrikanerdom as deel van die sg. ‘Reenboognasie’, bestem is tot algehele verdwyning in die sterk opkomende swart gety van Afrika – of sal daar “heling kom uit die salf van die gom”?

 

 

[1]

Lewer kommentaar

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

18/05/13 om 01:12:38

Nuwe Smouswet “gekheid”

jaap sę:

"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."


17/05/13 om 11:30:12

Vrystaat Stadion meer leefbaar

J.Meyer sę:

"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."


16/05/13 om 10:02:15

Nog twee plaasaanvalle

Barend Kruger sę:

"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."


19/05/13 om 06:27:41

Onrusbarende berigte

Carries sę:

"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."