wordpress visitor
Vorentoe met Vicki - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Geselsie met Vicki - Kommentaar (0)


Geselsie met Vicki - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Geselsie met Vicki

Kommentaar (0)

Onlangs het uit die pen van Vicki Fourie, voormalige Mej. Dowe Suid-Afrika en bekende motiveringspreker, rubriekskrywer en jeugpersoonlikheid, haar eerste boek getiteld Viva La Vicki! verskyn. Die boek, wat 'n outobiografie behels gekombineer met geestelike insigte, het allerweë gunstige resensies ontlok.
Johann Dannhauser het Vicki kortliks uitgevra oor die boek.
Viva La Vicki! - wat het jou gemotiveer om die boek te skryf?
Ek wou al van kleins af 'n boek oor my lewe skryf, maar in daardie stadium het ek nie geweet waaroor om te skryf nie! In 2010, nadat ek as Mej Dowe SA gekroon is, het ek op die program Kwêla verskyn. Sowat 'n uur na die uitsending, het Naledi Boeke in die Kaap 'n epos gestuur wat sê: Skryf 'n boek oor jou lewe!. Ek is so dankbaar vir hulle.
Wat wil jy basies met die boek bereik?
Viva la Vicki! is eintlik vir jongmense geskryf, aangesien ek as motiveringspreker tans baie met jongmense werk. Ek kom egter agter dat die boek raak eintlik mense van alle ouderdomme aan -   afgetrede mense, 10-jarige seuns, getroude paartjies, en ander. Die boek is vir ALMAL. Mense uit alle lewenssfere skryf vir my dat die boek hulle inspireer.
Ons verstaan jy het ten tye van die skryf van die boek jouself afgesonder en gevas - vertel ons so iets hiervan?
Dit het ongeveer twee jaar geneem om die raamwerk uit te dink (2010 tot 2011) en toe kry ek 'n sperdatum vanaf Naledi: Teen einde November 2011 moes die boek klaar wees. Teen die einde van daardie maand was die boek klaar!  Ek glo dit het te doen met die feit dat ek daardie maand baie in tale gebid het en gebid het elke keer voordat ek begin skryf het. Ek het ook baie met die Here stiltetyd gehou en het myself heeltemal van sosiale netwerk en epos afgesonder. Ek dink die moeilikste ding van skryfwerk is die dissipline - om net heeltemal af te skakel, te gaan sit by die rekenaar en te SKRYF! Die eerste stuk is moeilik, maar sodra ek begin, raak dit maklik.
Nog 'n boek in die pyplyn?
Ek wil graag Viva la Vicki! ook in Engels beskikbaar maak. En dan natuurlik sal ek nog wil aanhou skryf!
Wat wil jy die graagste doen loopbaangewys vorentoe - skrywer, joernalis, motiveringspreker, modelwerk, of wat ookal, of 'n kombinasie?
Ek sal graag betrokke wil raak in die Suid Afrikaanse fliek- en televisiebedryf en wil spesifiek as aktrise, draaiboekskrywer en aanbieder werk. En dan ook meer boeke skryf! Ek hou van nuwe mense en nuwe plekke! Ek hou die meeste van interessante stories, veral die geskiedenisse van mense se lewens. Ons kan so baie leer uit die verlede. Dit gee hoop vir 'n beter toekoms.
 

[1]

Lewer kommentaar

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."