wordpress visitor
Vorentoe met Vicki - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Olimpiese goud en ewige goud - Kommentaar (0)


Olimpiese goud en ewige goud - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Olimpiese goud en ewige goud

Kommentaar (0)

‘Ek moet die werke doen van Hom wat my gestuur het, so lank as dit dag is; die dag kom wanneer niemand kan werk nie.'
Johannes 9:4
Vanaf die oomblik wat ons in die wêreld instap, kry elkeen van ons 'n fakkel. Om die vuur binne in ons te dra. Om die wedloop wat voor ons wag, met volharding te voltooi! Die oomblik wat ons ons lewens vir God gee, dra ons vir Jesus soos ons land se vlag op ons bors orals waar ons gaan. Paulus het dit ongelooflik goed beskryf in The Message se Korinthiërs:
You've all been to the stadium and seen the athletes race.  Everyone runs… All good athletes train hard…You're after one that's gold eternally.
Moeilik om te glo: Paulus het gepraat van die Olimpiese Spele! Ja, dit het alreeds bestaan in die Bybelse tye.
Die lewe is soos 'n wedloop. Wanneer ons by die beginpunt is, is ons opgewonde! Vol adrenalien! Ons is reg vir enige hekkie wat oor ons pad sal kom! Kom wat wil! Ons is totaal gefokus op die prys wat vir ons wag op die einde van die wenpaal.
Partymaal is ons nie nie volkome voorbereid vir die wedloop nie. Verbeel jou net wat sou gebeur het as Roger Federer of Novak Djokovick nie hulself voorberei het voordat hulle gekom het om tennis te speel het by die Olimpiese Spele in Londen nie… Hulle sou sekerlik alreeds verloor het in die eerste rondte!
'n Trippel Olimpiese kampioen het eenkeer gesê: “Die beste en vinnigste manier om 'n sport aan te leer, is om 'n kampioen te bestudeer en na te boots.”
Wie is ons kampion in die lewe? Jy't reg geraai! Jesus! Jy het niks om te verloor nie, behalwe jou vrees!  Ek weet nie van jou nie, maar ek is besig om dit my beste te gee in die lewe! Ek hardloop die lewe met volharding, want ek weet daar is 'n groot prys wat wag vir my by die wenpaal… Ek gee dit my alles wat ek het. Die mooiste deel van die lewe is om te droom, maar ek gaan seker maak dat ek nie te laat slaap nie!
Wat van jou? Volg Jesus se voorbeeld – wees soos 'n kampioen!
Daar is 'n goue medalje wat wag - net vir jou - vir altyd.

[1]

Lewer kommentaar

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."