
Steve D - Kommentaar (0)
Steve D
Kommentaar (0)
Laat Goud & Silwer - Silver & Gold jou bekoor.
Met die Olimpiese Spele agter die rug en die Paralimpiese Spele op hande, is goud en silwer almal se droom. Met hierdie album van Steve D vind jy goud en silwer, nie op die sportveld nie, maar in jou naaste musiekwinkel. Jou ore gaan vra vir meer!
Die wêreld het oplaas waardering begin toon vir kunstenaars soos Adéle, wat sonder elektroniese dromme kan sing. Steve D se gemaklike en ontspanne sangstyl word ondersteun deur die mooiste akoestiese begeleiding. Ons kat het sommer opgekrul voor die ”Hi-Fi” kom lê, om saam te luister na die mooi klanke van klavier, akoestiese kitaar, trompet, saksofoon en ander instrumente.
Steve D poets 'n paar goue oues, soos Jan Pohl se Kom saam vanaand en Sawends, blink tot 'n moderne glans. Dirkie de Villiers se ou bekende Goud en Silwer is 'n duet met Mel Botes (een van die ses snare).
Baie swaargewigte in die bedryf is nader getrek en die eindresultaat spreek van gehalte en talent. Nog 'n Afrikaanse liedjie; Stadig oor die klippe, sal jou hart roer. Hoewel meeste van die liedjies Engels is, maak die vier Afrikaanse snitte ons baie opgewonde oor hierdie, steeds relatief onbekende, plaaslike sanger.
Met sy nuutste enkelvrystelling; Ware liefde maak jou vry, behoort sy naam op almal se lippe te wees voor jy kan sê “goud”.
Lewer kommentaar













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sę:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sę:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sę:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sę:
"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."