wordpress visitor
Gee jou mening - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Gee jou mening

Carel - 21/02/12 om 08:27:57

Die huidige debat wat deur Pieter Mulder van die VF Plus geopper is oor die geskiedenis van die wettige eise na grond lok a heftige reaksie van die regerende party. Wat ek so interessant vind is die feit dat die politikusse van die regerende party iewers in die laaste week of so meesters in die veld van geskiedenis geword het. Heftig word feite wat deur Pieter Mulder geopper word afgesę as onwaar en word daar weereens verwys na terme soos “wit, koloniste, imperialisties, diefstal, slawerny” ens. Desnieteenstaande is die persone wat die mees vokaal ste is omtrent die saak vęr minder geleerd as Pieter Mulder. Ek is nie 'n kenner nie, maar is beslis oortuig dat Mulder moontlik die mees gekwalifiseerde persoon in die kabinet is? En daarmee saam het die swart stamme van Suid-Afrika ook geen rekords gehou van hulle geskiedenis nie aangesien hulle nie kon lees of skryf nie, die naaste wat die stam mense aan skryf gekom het, was om prentjies teen grot mure te verf! En nęrens in die grot kuns word die areas wat van “ontneem” is aangemeld nie, nee die geskiedenis is baie duidelik oor die Mfecane en die leemtes in die binneland wat die Boere maklik sonder enige teenstand kon inneem en sekuriteit kon verskaf aan die swart stamme wat deur die Mfecane beďnvloed was. So vęr my kennis strek het die Boere eers in die Oos, verre Noord en wes Transvaal swart stamme ontneem van grond? Maar as daar na die demografie van grond eienaarskap gaan kyk word, en ek praat nie daarvan wat opskrif is nie, maar wat werklik aan die gang is, is dit duidelik dat die swart stamme reeds hulle grond terug ontvang het! Die węreld vanaf Pretoria op Noord tot by Musina, Oos vanaf Bronkhorstspruit en Wes vanaf Pretoria is donker Afrika met enkele woonbuurte waar wit mense nog huis maak. Wil die regerende party aanvoer dat elke swart persoon wat in Suid-Afrika bly reg het tot 'n plaas of dat alle grond weer onderverdeel word onder stamme wat dan deur a stamhoof gelei word en dat wit mense dan toestemming moet kry om op die grond te bly en huur moet betaal aan die stamhoof? Dit wil verseker so voorkom as die feit in ag geneem word dat swart mense beslis die grootste deel grond in besit het in die nuwe Suid-Afrika! Na my mening het die regerende party geen seggenskap oor die kwessie van grondhervorming en die geskiedenis van grond eienaarskap nie juis aangesien hulle geen geskiedkundige rekords in besit het behalwe dit wat deur die Boere aangeteken is nie. Elke standpunt wat hulle inneem wat teenstrydig is met Mulder se siening is 'n ooglopende poging om geskiedenis te herskryf, die juiste beskuldiging wat deur hulle aan die voete van Mulder gelę word.

Ditsem Redaksie - 20/02/12 om 11:30:51

Afrikaner / Boer: Daar is ‘n voortdurende debat aan die gang oor wat is ‘n Afrikaner, asook oor wat is ‘n Boer (met hoofletter B) en wat is die korrelasie tussen die twee. Nou die dag skryf ’n leser van DitsemBlits vir ons: “Julle is te veel Afrikaner. Ek is maar Boererig.” Om ons standpunt oor hierdie saak te stel, wil ons kortliks die volgende punte uitlig: In die Bybel word die huwelik as heilig gestel, terwyl gesinne (kinders) ook hoog aangeslaan word. Verder is daar in die Bybel ellelange geslagregisters, wat nie om dowe neute is nie. Dit sę dat families en ook volke, d.w.s. bloedverwantskap, vir die Here belangrik is. In die Bybel vervul die konsep van volk (ou Israel en later die uitstorting van die Heilige Gees in verskillende tale) ’n sleutelrol. Daaruit verstaan ons dat God die samelewingsorde as ’n ideaal georden wil hę volgens die hiërargie van gesinne, families en volke. In Openbaring word gesę dat die gelowiges / gereddenes sal kom “ uit elke stam, taal, volk en nasie.” Daar is dus ook die manifestasie van “nasie”. Onder nasie verstaan ons al die burgers / inwoners van ’n staat in moderne formaat, bv. in SA vandag vorm verskillende volke, bevolkingsproepe en rasse, saam die SA nasie. Teen hierdie agtergrond glo ons dat die Afrikaner ’n volk is – waarskynlik nog nie in ’n finale vorm nie, maar nietemin ’n volk met ’n eie identiteit. Nou is dit so dat as jy praat van “Afrikaner”, dan is daar verskillende vertolkings en menings. As jy egter praat van “Boer”, verdwyn die verskillende menings vinnig en is daar bykans konsensus dat “Boer” beteken Afrikaanssprekend, blanke ras, aanhanger van die Christelik-gereformeerde godsdiens en gebaseer op die grondgebied van Suid-Afrika. Ons meen derhalwe dat “Afrikaner” in bepaalde sin beteken die Afrikanervolk in gevorderde proses om volwaardig die Boerevolk te word. Dit is basies die pad wat Ditsem Vrystaat en dus DitsemBlits loop en ook aanmoedig onder ons volksgenote. Party van ons mense is al in die Boerekamp, ander is nog oppad, bewustelik of onbewustelik. Dit is derhalwe ‘n gesamentlike reis, waarin jy nie te vinnig vooruit kan loop nie. Die Afrikaner / Boer is ’n volk met ’n eie identiteit, soos wat die Fransman, die Duitser, die Chinees, die Xhosa, die Viëtnamees, elkeen sy eie volksidentiteit het. Ons is trots op ons identiteit en wil nog ons plek in die ry van onafhanklike volke met eie grondgebied inneem. Ons is nie beter as ander nie, maar niemand is ook beter as ons nie. Indien ons die kans gegun word, sal ons nog ’n paar dinge doen wat niemand anders in die węreld gedoen het nie – dit enkel en alleen onder gesag en genade van God Drië-enig, die enigste Een voor wie ons buig. Om op te som, eerstens, is ek ’n wedergebore Christen en, tweedens, ’n Afrikaner / Boer – gelykwaardig aan al die ander volke en nasies. Dit is terselfdertyd die liefdesgebod – God bo almal en my naaste soos myself.

malekoemer - 15/01/12 om 12:01:09

Johann Dannhauser - 12/01/12 om 12:13:55

@ Henry Dankie vir jou kommentaar. Ek gee jou 100% gelyk. Jammer vir die oorsig! Ons stel reg in toekomstige artikels. Dankie vir die stryd wat julle gestry het. Ek glo dit was en sal nog die moeite werd wees. Groete Johann Dannhauser REDAKTEUR

Henry Leach - 12/01/12 om 12:12:31

Ek geniet dit geweldig om hierdie koerant te lees. Het egter ‘n probleem met verwysing na die Afloop van die Bosoorlog en die betrokkenheid van die SA Weermag in Suidwes-Afrika / Angola. Die SA Weermag het nie op sy eie die Bosoorlog gewen nie. Talle lede van die destydse SA Polisie het in Suidwes-Afrika / Angola grensdiens verrig en ook daar gesneuwel. Inteendeel, die SA Polisie was aktief betrokke met grens diens in Suidwes-Afrika lank voordat die SA Weermag daar ontplooi was. Sover dit Angola aangaan, die SA Polisie het ook daar patrollies gedoen en was betrokke in verskeie kontakte binne Angola. Toegegee, nie in dieselfde getalle as die SA Weermag nie. Dink maar net aan KOEVOET. Hulle was lede van die SA Polisie. Ook het die SA Polisie jare lank grensdiens in die destydse Rhodesië verrig. EK WEET, WANT EK WAS DAAR! Henry Leach

Ditsem Redaksie - 12/01/12 om 12:10:05

Kwessies wat moontlik voorlę in 2012: Dit lyk asof o.m. die volgende brandende kwessies in 2012 voorlę: • Onderwys vir Afrikaners: Daadwerklike stappe is nodig om te verhoed dat onderwysdepartemente die beheer oor staatskole, veral voormalige Model C-skole, oorneem en sodoende integrasiemodelle afdwing wat onderrig in Afrikaans en gepaardgaande kultuur kan vernietig. Voorts is dit so dat daar tans in SA ‘n groot aantal behoeftige blanke kinders is wat nie kwaliteit onderrig kan bekostig nie en derhalwe bestaan die gevaar dat ‘n geslag verlore kan gaan. Kwaliteit staatskole en CVO-skole is onbekostigbaar vir hierdie kinders en ‘n onderwysmodel sal dringend ontwikkel moet word om talle Afrikaner-kinders te red vir die toekoms. • NG Kerk by kruispad: Afgesien van ander Afrikaanse kerke, is die NG Kerk kennelik ook by ‘n kruispad. Die Belhar-belydenis en nuutste sienings oor homoseksualisme, saamwoon, ens. is dwaalleer en sal uit die kern van die NG Kerk geweer moet word. Ook sal die kerk sy hooftaak weer moet opneem, nl. die wen van siele vr die Koninkryk van Christus; ook onder Afrikaners. Mense is moeg vir godsdiens – hulle soek die Here. • Voedselketting onder druk: Die voedselketting in die land, vanaf produksieproses tot die etenstafel, met die krimpende aantal kommersiële boere en die drukgang waarin hulle geforseer word o.a. deur dreigemente van grondgryp, is onder geweldige druk. Alles sal in die stryd gewerp moet word om ‘n koskrisis, vir die eerste keer in die geskiedenis van SA, te verhoed. • Onstabiele ANC: Die ANC-regering raak al meer onstabiel en is die situasie tans dat pres. Jacob Zuma met sy bedenklike agtergrond staan tussen die land en die waansinnige beleidsrigtings wat Julius Malema en sy volgelinge propageer. In hierdie opsig is vir Christene verootmoediging voor God en aanhoudende gebed die hoogste prioriteit. • Afloop van die Bosoorlog: Die woordestryd oor wie eintlik die Bosoorlog in Suidwes-Afrika / Angola gewen het, duur steeds voort en is dit nodig dat finaal en onherroepelik die oorwinning van die SA Weermag op rekord geplaas word – en so ook die verraad op diplomatieke gebied. Ook is dit hoogtyd dat die dermsuitryg deur Afrikaners oor die oorlog einde kry. • Ware swart vryheidsvegters: Die rol en waarde van swartmense wat vandag prontuit en onbevrees opstaan teen korrupsie en regeringsmagsmisbruik, mense soos bv. Mondli Makhanya en Thuli Madonsela, moet erken en ondersteun word. Dit geld ook mense soos pres. Ian Kgama van Botswana. Afrikaners wat na selfbeskikking streef, sal moet kyk na samewerking waar nodig met diesulkes. • In die bresse vir die Afrikaner: Die in die bresse tree vir die Afrikaner wat Solidariteit en Afriforum doen, asook daarmee saam wat Orania op die grond doen, is van onskatbare waarde vir die behoud en voortbestaan van die Afrikaner en sal eweneens noodsaaklik wees in 2012.

Pieter F Smith - 05/01/12 om 08:18:55

Kan grondhervorming in SA slaag? Die regerende ANC-alliansie is ten spyte van die bepalings van die SA Grondwet nog altyd in wese op ’n kommunistiese nasionaliseringsprogram ingestel. Ingevolge die voorheen tradisionele Afrika-patroon, was daar nie sprake van individuele besitreg nie. Die koning / hoofman / kaptein was in beheer van ’n bepaalde grondgebied wat woon- en gebruikreg aan sy onderdane toegeken het. Dit was basies ’n vorm van Afrika-Kommunisme – allesbehalwe ’n kapitalisties / demokratiese stelsel. Die Europese moondhede het gedurende die koloniale tydperk demokraties / kapitalistiese regerings en gebruike van die moederlande gevestig en wat op ontwikkeling gefokus was. Met die regeringsoorname in SA in 1994, het die nuwe bewind ’n gevestigde Eerstewęreld ekonomiese ontwikkeling geërf, maar sedertdien het die bewind probeer om alles geleidelik in tipiese Afrika patroon te omskep. Afgesien van die reservate en swarttuislande, wil hulle steeds die res van die land op ’n rassebasis herverdeel. Volgens die jongste regeringsbeleid t.o.v. grondhervorming, sal alle grondaankope staatsbesit behels en sal voornemende swart boere die grond dan van die staat huur. Redes waarom die regering se grondhervormingsbeleid nie kan werk nie, is o.a. die volgende: • Kommunistiese nasionalisering en bedrywe het nog nooit elders in die węreld, asook Afrika, gewerk nie. Ten spyte van sekere nadele, was die kapitalistiese stelsel nog altyd die waarborg vir volhoubare ekonomie en vooruitgang. • Versekerde en volhoubare voedselbronne en –produksie, wat ’n voorvereiste vir ontwikkeling en vooruitgang is, word toenemend bedreig. • Swart nuwelingboere / huurders sal eie aan die Afrika-tradisie, deurlopend finansiële bystand van die staat eis, wat op die lange duur tot ’n krisis van allerlei proporsies kan lei. • Die swart plakkerskampe by dorpe en stede kan stelselmatig na die platteland uitbrei, met katestrofale gevolge. Wat is ’n moontlike oplossingsbenadering? • Volgehoue druk op die regering ten einde die ‘struggle’ en ‘swart bemagtigingsmentaliteit’ – met verbandhoudende wetgewing – te staak. • Die inwerkingsteling en beoefening van ’n volwaardige entrepreneurstelsel. • Handhawing van alle grondwetlike bepalings en vereistes, met inbegrip van grondhervorming. • Die skep van ’n soliede vertrouensbasis tussen verskillende bevolkingsgroepe. • Daadwerklike pogings om euwels soos korrupsie uit te wis en dienslewering te bestendig. Indien daar in Suid-Afrika werkbare politieke, ekonomiese en sosiale stelsels geďmplementeer kan word, kan die land inderdaad as rolmodel vir die res van die węreld dien. - Pieter F. Smith

Robbie - 16/12/11 om 10:36:09

Hier is die Groenskrif vir Grondhervorming: http://www.ruraldevelopment.gov.za/DLA-Internet/content/pages/GreenPaperOnLandReform.jsp http://www.ruraldevelopment.gov.za/DLA-Internet/content/document_library/documents/GreenPapers/GROENSKRIF_Afrikaans.pdf

Die Kerkraad AP Kerk Bloemfontein Moedergemeente - 05/12/11 om 11:51:09

Die Kerkraad van die AP Kerk Bloemfontein het 'n skrywe vanaf mnr. PJ Bothma ontvang, waarop terugvoering aan hom gestuur is. Hy was nie tevrede met die terugvoering nie en sy skrywe het gedien by die kerkraadsvergadering op 21 November 2011. Ná die vergadering is weer terugvoering aan mnr. Bothma per epos gestuur. Die Kerkraad het in die middel van die jaar 'n versoek van Vodacom ontvang om 'n mastoring op te rig op die kerkterrein. Die versoek is deur die kerkraad goedgekeur. Vodacom het onderneem om 'n omgewingsimpakstudie te doen en om met die gemeenskap te konsulteer. Hierdie aksie is tans aan die gang en enige persoon wat beswaar wil aanteken, kan dit deur die toepaslike instansie doen. Die kerkraad gaan nie enige studies hanteer nie. Die oprigting van die mastoring is onderhewig aan goedkeuring van die toepaslike regulerende liggame. Ons versoek dat slegs met feite deur die korrekte kanale gewerk word en dat nie ongegronde aantygings teen die werking van die kerk gemaak word nie. Die AP Kerk Bloemfontein laat hul lei deur die Woord van God Drie-enig en tree daarvolgens op teenoor hul medemens. Die Kerkraad AP Kerk Bloemfontein Moedergemeente

Redaksie - 05/12/11 om 11:49:34

Die brief is verwys na die skriba van die AP Kerk Bloemfontein, wat soos volg geantwoord het (albei hierdie briewe verkort) – Red.:

PJ Bothma - 05/12/11 om 11:48:17

Kerkterrein en selfoontoring: Ek verwys na die openbare kennisgewing van Incline Environmental m.b.t. die oprigting van 'n 35 m Vodacom mas op die eiendom van die AP Kerk Bloemfontein in Rooiwalsingel, erf 15839. Ongeag die wye onbewoonde areas onmiddellik suid van Uitsig-woonbuurt beskikbaar vir die oprigting van 'n selfoontoring, het 'n APK kerkraadsbesluit daartoe gelei dat 'n selfoontoring nou op hul terrein opgerig gaan word, slegs 20 m vanaf die naaste huis waarin daar ook klein kinders woon. Dít ten spyte van resultate uit studies in Duitsland en Israel dat daar gesondheidsrisikos is vir mense wat in die onmiddellike omgewing van selfoontorings woon. Ten spyte hiervan en ongeag inwoners se grondwetlike reg om in 'n veilige en gesonde omgewing te kan woon, rig maatskappye nog steeds hierdie torings in ons woongebiede op deur eenvoudig perseeleienaars (soos die APK) en inwoners te oortuig dat daar geen gesondheidsrisikos bestaan nie. 'n Versoek is aan die kerkraad gestuur vir die heroorweging van die oprigting van die toring. Volgens 'n epos van die skriba sou dit op 21 November 2011 voor die kerkraad dien, maar tot op hede is nog geen terugvoer ontvang nie. Verder blyk dit dat min inwoners in die omgewing kennisgewings van die oprigting van die toring ontvang het, terwyl geen gemeenskapsvergadering tussen Vodacom en inwoners belę is nie. Ons wil dus 'n beroep op al die partye doen om die oprigting van hierdie toring na 'n perseel suid van ons woonbuurt te verskuif, waar dit op 'n veiliger afstand is. PJ Bothma Namens Besorgde Inwoners Sel: 083 542 9995 / Epos: phb@joba.co.za

Ds Danie Malan - 04/12/11 om 01:19:42

Oor die beoogde pleknaamveranderings deur die ANC voel ek net so sterk soos die vorige skrywers. Omdat die regering stiksienig is en slegs tydelike politieke lopies wil aanteken, dink hulle nie verder as hul langerige, ek bedoel: platneuse nie! Want hoeveel geld gaan nie uiteindelik vermors word op nuwe naamborde, nuwe registrasies, padkaarte e.d.m nie? Pleks hulle eerder energie en fondse bestee aan die oprigting van nuwe woonbuurtes - dan kan hulle mos na hartelus hul "helde" uit die struggeleertyd vernoem! Is dit nou hoe demokrasie in die ruwe (sic en siek!)SA werk: Jaag almal om jou die harnas in omdat jy jou wil en sin met sulke bogtery wil afforseer? Dankie aan organisasies soos Afriforum wat al vele suksesse behaal het in die Grondwetlike hof en aan Ditsem Vrystaat wat vir ons 'n ruimte skep om ons frustrasies te kan verwoord! Sterkte toegebid!

Danie Dekker - 29/11/11 om 11:59:49

Na aanleiding van al die naamsveranderings wat nou aan die gang is weet ek nie meer wat elke dorp is waarmee ek grootgeword het nie. Plaas dat die ANC regering liewers die geld aanwend om huise vir die armes te bou. daar is meer behoefte daar as om straatname en dorpsname te verander. Maar nee hulle wil oral hul geskiedenis en helde teen ons afsmeer. As 'n mens nou na England kyk wat 300 jaar onder romeinse bewind was, het hulle nie een dorp of straat se naam gaan verander toe hulle weer in bewind gekom het nie. As die ANC so graag name wil verander, moet hulle self nuwe dorpe en stede stig dat daar ook mense kan gaan bly en gee daardie dorp en strate die name wat hulle wil. Kom al ons mede afrikaners kom staan saam met die euwel wat alles wil vernietig soos 'n sunami.

willem van staden - 26/11/11 om 12:25:04

Na aanleiding vd naamsveranderinge landswyd, besef die mense nie dat jy toeriste vriendelik moet wees nie? Ek praat 8 vd land se amptelike tale en sukkel soms, en nie net ek nie, swartes ook om n woord uit te spreek, en ek praat nie net van buitelanders as toeriste nie maar ook as ek van dorp X na dorp Y toe gaan. Verder moet die arme mense liewer hul tyd spandeer om hulle interne probleme op te los en begin om die land behoorlik te bestuur en ook sommer die korrupsie ook los want hoeveel geld gaan vir die kontrakteer om nuwe naam borde te maak en hoeveel vir die korrupte amptenaar. Die sogenaamde regering, en ek noem hulle so, want ek sien maar min regering, behoort hulle te skaam, bygese ek word rooi as ek skaam, hulle nie dit is hoekom hulle so ombeskaampt doen wat hulle doen Willem Ashton

Pieter F Smith - 25/11/11 om 08:49:13

Uitdaging van entrepreneurskap: Ek verwys na Lars Kolind se boek Unboss waarin verduidelik word dit gaan nie om ’n baas nie, maar die aanwesigheid van ’n nuwe soort leier. Sy “Spaghetti-maatskappy” is bloot ’n groep mense wat almal intensief saamwerk om ’n gemeenskaplike doel te bereik en in die proses dubbel soveel verrig met die helfte minder mense. Die klem val op allerbeste dienslewering. Dit is vars, radikale ideës oor entrepreneurskap en produktiwiteit. In ’n SA wat verswelg in korrupsie, gemaksug en hebsug, word entrepreneurskap en prokuktiwiteit al skaarser kommoditeite. Die Afrikaner, as sy identiteit nog sy trots is, hoef nie in hierdie stroom meegesleur te word nie. Trouens, die Afrikaner kan dit as ’n uitdaging sien en in eiesoortige, eietydse, opwindende geleenthede omskep. Die vraag behoort nie te wees of ons dit gaan doen nie, maar hoe gaan ons dit gaan doen?

Pieter F Smith - 24/11/11 om 03:47:05

Nuwe węreldorde en totale verslawing. Die Internasionale Geldmag en sy meelopers staan aan die spits van die Nuwe Węreldorde, met finale mikpunt’n globale węreldregering d.m.v. die Verenigde Nasies. Die oënskynlike vrywillige verslawing behels kortliks die volgende: • Die vervanging van families en volksverwantskap met ’n sogenaamde węreldgemeenskap. • Die finale uitwissing van eie taal, regering, kultuur, godsdiens ens. wat nodig is vir die handhawing van afsonderlike volkseie bestaan. • Magsoorname deur middel van die mag en omvang van die media in al sy fasette. • Derdewęreldse getalle-oorwig onder die vaandel van demokrasie en menseregte ten einde beheer te verkry oor skaarswordende natuurlike hulpbronne węreldwyd. • Die inspan van alle tegnologiese hulpmiddels, veral rekenarisering en die Internet, om die hele mensdom in dieselfde drukgang van verslawing in te dwing, die uiteindelike vernietigende gevolge desnieteenstaande. In reaksie hierop word individue en volkere opgeroep tot die stryd teen hierde magtige poging van globale verslawing en om op alle terreine te mobiliseer, veral op Christelike-gereformeerde gebied.

Pieter F Smith - 16/08/11 om 10:58:19

Die ANC-regering en pleknaamverandering: Die huidige beheptheid van die Regering om veral Afrikaanse plekname te verander, is onnodig, aanstootlik en onverantwoordelik. Daar is onbeperkte geleenthede vir die Regering om op alle terreine opbouende werk te skep onder leiding van swart leiers en entrepeneurs, wat sodoende volop nuwe plekname kan verdien. Die uurglas vir die regte regstellende aksie is besig om vinnig leeg te loop. Die Afrikaners smag na geleenthede om regmatige erkenning te verkry en die nodige bystand tot redding te verleen. Om algeheel van pleknaamverandering af te sien, kan die eerste waardevolle stap in hierdie rigting wees.

Jan Alleman - 03/08/11 om 07:29:41

Nog 'n puik afrikaanse webtuiste! Het toevallig op hom afgekom. Adverteer bietjie. Die publiek kan hierby baat!!

Jan Visagie - 26/07/11 om 03:29:08

Goeie nuwe voorkoms. Baie prakties en maklik om te gebruik. Wel gedaan!

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Vul asb. die sekuriteitskode in:

Gesprekke aan die gang

20/02/12 om 07:03:14

Telkom dalk beboet met R3,5 miljard

Dirk Smit sę:

"Stem saam met Elna Lush. ..."


18/02/12 om 09:08:31

Vuurwapenregister in wanorde

Tewis van Oudtshoorn sę:

"Dit is maar te verwagte...die domstes word in die hoogste posisies aangeste..."


17/02/12 om 10:04:06

Geen VS munisipaliteit skoon oudit

Marius sę:

"Hiervan kan ek as verbruiker getuig. Meer as n jaar gelede het ek my Munis..."


21/02/12 om 08:56:39

Haglike toestande by Potch Landboukollege

Carel sę:

"Dit het hoogtyd geword dat die gemeenskap wat homself beywer om die Afrikan..."


Nuutste rubrieke

Godsdiens

DIE BELYDENIS VAN BELHAR: MEMORANDUM OPGESTEL DEUR GENL. JOHAN VAN DER MERWE IN OORLEGPLEGING MET OUD-LEDE VAN DIE SA POLISIEMAG EN ANDER GELOWIGES.

Landbou

Oneindige probleme op Vrystaat-Lesothogrens

Internasionale politiek

Armenië kom tussen Turkye en Frankryk

Blanke armoede

Projek Opstaan

DitsemSport

Dillon blink vir Ridders