Geen stories
Kommentaar (1)
17/07/11
Ingestuur deur: Redaksie
Wees die eerste een om vir ons jou storie en foto's te stuur! Stuur asb. vir ons enige nuuswaardige foto's, video's en stories na grafies@ditsem.net!
Lewer kommentaar op hierdie storie
A L Lombaard - 12/01/12 om 09:23:30
HiF Mediaverklaring: Strategiese Visie vir beheer oor eie toekoms bereik mylpaal. Datum 10 Januarie 2012 Inwoners van Harties koester lankal die ideaal om onafhanklik te raak van die negatiewe invloed van die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit (MLM) en die Noordwes Provinsie se swak finansiële en onderhoudsbestuur. Kyk maar net hoe verval die interne paaie en die R511, R512 en R513! ’n Mylpaal wat inwoners van Meerhof reeds in 2007 gestel het, word bereik wanneer die Randwater pyplyn eersdaags water aan inwoners van areas in Xanadu, Meerhof en Ifafi sal voorsien. Daar was dikwels onderbrekings in die voorsiening van drinkwater. Die water is ook substandaard. Die Schoemansville drinkwater aanleg voldoen steeds nie aan die Bloudruppelstatus, wat Administrateur Matlawe in 2010 as ideaal voorgehou het nie. ’n Groep besorgde inwoners het op 19.01.2010 die Hartbeespoort Inwoners Forum (HiF) gestig. Hulle is steeds besig om vrywillig en op eie koste hulle kennis, bronne en dienste aan te wend om MLM te monitor en oplossings te vind. HiF en sy infrastruktuur werkgroep, HRIC, se voorstelle is opgeneem in die Integrated Development Plan (IDP). Implimentering van die voorstelle is deurgaans gekortwiek deur MLM se onvermoë om prioriteite in die IDP na behore te bestuur. In 2010 het HiF ’n kursus laat ontwikkel deur die “Centre for Environmental Management” (CEM) van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, om 50 raadslede en amptenare van MLM op te lei in die implikasies en toepassing van wetgewing in omgewingsbestuur. Die kursus van R150,000 is kosteloos aangebied. Die 23 lede wat opgedaag het, het nie die kursusinhoud toegepas nie. Die MLM-Raad het nog steeds nie die Environmental Management Framework (EMF), wat reeds deur Provinsiale Owerheid van Noordwes Provinsie goedgekeur is, aanvaar nie. HiF het ’n samewerkingsooreenkoms aangegaan met Tshwane University of Technology (TUT) om die gesondheidseffekte van drinkwater te ondersoek. Die eerste gevolg is ’n doktorale tesis van Michael Mokoena van TUT: “Cyanotoxins in the Hartbeespoort Dam; Implication on water usage by the local community”. HiF ondersteun as ’n belangegroep die Metsi-a-me projek om die dam te remediëer, en vra vir vrywillige mentors van die baggerprojek om sediment uit die dam te verwyder. Die sediment, wat reeds tagtig jaar lank opgebou het, bevat baie nutriënte wat die alge laat vermeerder wanneer visse en strome die sediment versteur. Die HiF Uitvoerende Komitee doen tans strategiese besinning oor die wenslikheid om nog voort te gaan met ’n metro en provinsie wat duidelik nie in staat is om enige dienste na behore te verskaf nie. Weens Hartbeespoort se aanligging met Gauteng se Tswane en Mogale City munisipaliteite word oorweeg om die Afbakeningsraad te nader vir insluiting by Gauteng. Hartbeespoort se inwoners gee om en kan saamwerk, soos die aktiewe buurtwagte bewys. HiF doen daarom ’n beroep op inwoners om die buurtwagte nog meer te steun en uit te brei. Inwoners moet asseblief ook betrokke te raak by projekte, soos die bywoning eersdaags van ’n WNNR kursus in die opvul van slaggate, en die toepassing daarvan op hul geliefkoosde roetes en die rehabilitasie van parke en oewers. HiF vra ook dat inwoners aansluit by Afriforum, wat vir die hele gemeenskap regs-tegniese ondersteuning sal bied, om daardeur waarde vir belastinggeld aan die inwoners van Hartbeespoort te voorsien en agterstande met dienslewering uit te wis. Die HiF-bestuur sal dit waardeer as ondersteuners van die visie ons kontak om hulle steun aan te bied. Kontak gerus Andries Lombaard, 082 427 2593/012 253 1295; Frikkie Botha 083 640 7717/012 259 0283of Karel Nel 082 414 4881/012 259 1224. Vir aansluiting by die Hartbeespoort Afriforum tak kontak gerus Gert Steyn by 083 308 1987 of u buurtwag voorsitter.













16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sê:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sê:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sê:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sê:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."