
Ek kan kies en ek sê nee
Kommentaar (0)
06/02/12
Toe die drie outjies die klipharde geluid van die horing hoor blaas, het hulle dit net geïgnoreer. Die klanke van die fluit en die harp het weerklink deur die heelal, en ALMAL – selfs die regters en prinse – het dadelik neergeval in vrees. Mense van elke kultuur en taal het hul knieë gebuig en hul koning se goue standbeeld aanbid.
'Mag die koning vir ewig lewe!' het hulle almal geskree.
Dít was die bevel van koning Nebukadnésar, en niemand het dit gedurf om hom teë te praat nie.
Behalwe vir Sadrag, Mesag en Abednégo.
Húlle het die verdowende klanke gehoor – maak geen fout nie – maar in pleks van om dié goue standbeeld te aanbid, het hulle net aangegaan met hul doen en late.
Die koning het daarvan gehoor, en in sy woede het hy 'n bevel gegee aan sy soldate. Sadrag, Mesag en Abednégo was in 'n vuur gegooi – 'n vuur wat 7 keer warmer was as wat eintlik nodig was...
Maar God was aan hulle kant. God was by hulle.
Dié drie outjies het geweet:
Wat populêr is, is nie altyd reg nie. Wat reg is, is nie altyd populêr nie.
Wat is populêr?
Vloek – veral wanneer God se naam misbruik word.
“Cheating.”
Om 'n afgod te maak van “celebrities” en sportsterre.
Seks buite die huwelik.
Bakleiery en boelie.
Skinder.
En nog vele meer.
Jy kan kies, en jy kan nee sê. Jy kan kies om in Sadrag, Mesag en Abednégo se voorbeeld te volg...
Kies om nie te vloek nie.
Kies om hard te leer vir jou skoolwerk – al is dit baie moeilik.
Kies om net op te kyk na God - Hy is PERFEK en Hy maak GEEN foute nie.
Kies om jouself rein te hou vir jou huweliksmaat eendag.
Kies om nice te wees met almal. Kies om nie meer te baklei nie.
Wanneer die ander skinder, maak seker dat die storie stop by jou.
En nog vele meer.
God is nogsteeds presies dieselfde God wat ons so van lees in die Nuwe en Ou Testament. As God vir Sadrag, Mesag en Abednégo kon beskerm terwyl hulle in die vurige vuur was, wat is dit om te sê dat Hy sal jou nie kan beskerm terwyl jy in jou hoërskoolgebou is nie...?
Kies om reg te kies!
*Lees die hele storie van Sadrag, Mesag en Abednégo in Daniël 3. Dit het regtig egtig werklik gebeur!
Lewer kommentaar op hierdie Vorentoe met Vicki





20/02/12 om 07:03:14
Telkom dalk beboet met R3,5 miljard
Dirk Smit sê:
"Stem saam met Elna Lush. ..."
18/02/12 om 09:08:31
Vuurwapenregister in wanorde
Tewis van Oudtshoorn sê:
"Dit is maar te verwagte...die domstes word in die hoogste posisies aangeste..."
17/02/12 om 10:04:06
Geen VS munisipaliteit skoon oudit
Marius sê:
"Hiervan kan ek as verbruiker getuig. Meer as n jaar gelede het ek my Munis..."
21/02/12 om 08:56:39
Haglike toestande by Potch Landboukollege
Carel sê:
"Dit het hoogtyd geword dat die gemeenskap wat homself beywer om die Afrikan..."