►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Matriekuitslae Klas 2016

Die groot nuus waarmee 2017 afgeskop het, is die Matriekuitslae van die klas van 2016 en waarin die regering en die media veel gewag gemaak het van die feit dat dit dit die meeste leerders nog in die geskiedenis van SA was wat die Matriekeksamen vir staatskole geskryf het, nl. sowat 800 000 en dat die slaagsyfer met 1,8% gestyg het vanaf 70,7% in 2015 tot 72,5%. In terme van persentasie slaagsyfer het die Vrystaat bo uitgekom met 93,2%. Die negatiewe feite omtrent die 2016 uitslae is ongelukkig: Slegs ongeveer 50% van die leerders wat in 2005 vir Graad 1 ingeskryf het, het die Matriekeksamen vanjaar geskryf /  Van die leerders wat gesit het vir die 2016 eksamen, het sowat een uit elke vier gedruip / Gemiddeld gaan vanjaar by SA universiteite slegs sowat 15% van die voornemende studente wat aansoek doen, toelating kry / Slegs sowat 50% van studente wat by SA universiteite begin studeer, voltooi hul kursusse en verkry hul kwalifikasies. Amptelike syfers in hierdie verband is moeilik verkrygbaar, omdat die regering en groot dele van die media slegs die positiewe punte wil voorhou, maar die syfers hierbo verstrek, kom uit betroubare bronne en as dit betwis wil word, sal dit feitelik gebaseer moet wees.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top